Drie doodgebrand naby Muizenberg

Lede van die polisie se bende-eenheid. (Foto: SA Polisie)

Die Muizenberg-polisie ondersoek drie moorde nadat drie mense oor die naweek hier doodgebrand het.

Die drie, wat nog nie geïdentifiseer is nie, het Sondagaand in Hillview naby Muizenberg in die Wes-Kaap doodgebrand. “Die polisie ondersoek die moorde, asook die motief daarvoor, maar kon nog nie die liggame van die drie slagoffers uitken nie, aangesien hulle so erg verbrand is,” sê brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap.

ʼn Video van die voorval wat op sosiale media versprei word, wys hoe lede van die gemeenskap saamdrom om die verkoolde lyke wat in ʼn oopte in Hillview lê. Daar kan gehoor word hoe van die gemeenskap hul skok en afgryse oor die gebeurtenis uitspreek.

Die situasie in die omgewing was Sondag baie gespanne en openbareorde-polisie asook lede van die Muizenberg-polisiestasie en omliggende polisiestasies het die situasie met ʼn valkoog dopgehou. “Die polisie het veral ʼn groep gemeenskapslede dopgehou wat daar naby saamgedrom het, maar geen verdere voorvalle is deur die loop van die nag aangemeld nie,” sê Potelwa.

Enigiemand met inligting oor die voorval word versoek om die polisie by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

koos10 ·

Miskien bendelede of dwelmsmouse? Miskien het die gemeenskap genoeg gehad?
Brand is mos hoeka die manier van SA.

E ·

Jip. Die Coronavirus lyk na ‘n vulletjie teen die moorde wat elke dag in SA gepleeg word.

amapinki ·

Ek het iewers op FB gesien dat gemeenskapslede sê dit was xenofobie en dit was 2 mans en 1 vrou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.