Drie doodgeskiet toe hulle kluis wou oopsny

Argieffoto

Die polisie in Kwanobuhle in Uitenhage in die Oos-Kaap het ʼn ondersoek van stapel gestuur ná drie mans, tussen 30 en 36 jaar oud, by ʼn huis in Tiyastraat doodgeskiet is.

Kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, het gesê die skietery het Maandagaand kort ná 19:30 plaasgevind. Sy het gesê ʼn groep mans was na bewering besig om ʼn kluis by ʼn huis oop te sny toe hulle begin baklei het. Die polisie vermoed die onderonsie het tot die skietery gelei.

Drie mans is op die toneel doodgeskiet. Twee mans is gewond.

Die verdagtes het in ʼn onbekende voertuig van die toneel gevlug. Volgens Swart poog polisiebeamptes om die eienaar van die kluis op te spoor. Die polisie ondersoek drie sake van moord en twee van poging tot moord.

Enigiemand met verdere inligting word versoek om Kwanobuhle SAPD te kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Ellisras ·

As daar iets waardevols in die kluis is dan is dit myne.

Muffin ·

Moet se die storie klink baie interresant.
Wonder waar kom die kluis vandaan en wat is of was daar binne.

sweis ·

Pleks poog die polisie om die verdagtes wat weggekom het op te spoor maar ek glo dit is miskien te ingewikkeld vir hulle miskien die beste om vir die kluis te kyk en te wonder wat daarin is

Joe Olivier ·

Die polisie gaan seker nou die kluis na die polisie stasie neem om dit te monitor. More sal ons in die media sien dat die kluis by die polisie stasie oopgebreek is deur onbekende verdagtes. Die kluis was leeg gevind maar n kommissie van ondersoek sal aangestel word om uit te vind wat daarin was en aan wie dit behoort het.

Renier ·

Shoot-out at the OK Corral. Ek dink Suid-Afrika laat die Wilde Weste soos ‘n Sondagskool piekniek lyk.

Jacques die Goodwoodianer ·

Ek sal dit nie “moord” noem as dit kriminele is wat gedood is nie.

fred ·

ja seker die Wild West is nou hier in die Wild Suid…….wie is ons John Wayne???

Celia ·

Mooi so minder geld vir om hulle in tronk te sit en aan te kla, mag nog meer van hulle mekaar skiet.

Attie. ·

Moses het vir die Israeliete gesê voor die see oopgegaan het dat hulle nou moet rustig raak en kyk hoe God vir hulle veg. So gaan God ook vir ons veg. Die vyand maak mekaar dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.