Drie ‘dwelmhuise’ in Rustenburg platgestoot

Een van die huise word Dinsdag platgestoot. (Foto: Rustenburg-munisipaliteit)

Die Rustenburg-munisipaliteit in Noordwes het drie huise, met ʼn gesamentlike waarde van nagenoeg R1,7 miljoen, platgestoot nadat dit as sogenaamde probleemhuise weens beweerde dwelmbedrywighede geïdentifiseer is.

David Magae, munisipale woordvoerder, het gesê die munisipaliteit het ʼn hofbevel bekom wat hom toegelaat het om die huise plat te stoot. Die huise is in die ooste van die stad geleë.

“Die hofbevel is aan die munisipaliteit toegestaan nadat die geregistreerde eienaars van die drie eiendomme nie die munisipaliteit gekontak het, soos deur wetgewing voorgeskryf, nadat dit as problematies uitgewys is nie,” het hy gesê.

“Die gebruik van die eiendomme as dwelmneste was vir die munisipaliteit ʼn ernstige probleem, asook die gebruik daarvan vir sekshandel en die deelname daaraan van weerlose vroue. Die dwelm nyaope is ook tydens vorige klopjagte daar gevind.”

Magae het gesê die eiendomme se water- en kragmeters is ook omseil.

Die rommel is van die persele verwyder om die veiligheid van ander inwoners te verseker en te keer dat voornemende boosdoeners daarheen gelok word.

“Die sloping van die huise is in ooreenstemming met die veldtog vir ʼn skoon en veilige stad wat moet verseker dat Rustenburg meer omgewingsvriendelik is en ontslae raak van afvallige elemente wat ʼn verskeidenheid oortredings pleeg. Vandag se optrede was ʼn gesamentlike operasie tussen die munisipaliteit se onderskeie direktorate en die polisie.”

Waarnemende burgemeester Lucky Kgaladi het die amptenare en betrokkenes bedank vir hul bydrae tot die operasie.

Nog een van die vervalle huise in Rustenburg wat Dinsdag platgestoot is (Foto: Rustenburg-munisipaliteit)

“Rustenburg is vandag veiliger omdat dié drie huise nie meer staan nie. Ons het nou die getal probleemhuise in die stad, waar baie lewens verwoes is, verminder,” het hy gesê.

Die munisipaliteit het in 2018 ʼn 14 dae lange kennisgewing aan die huiseienaars uitgereik om hulle beskikbaar te stel oor probleme rondom die huise, of om aangekla te word op aanklagte wat verband hou met die verwaarlosing van die huise.

Die huise was onder die 12 huise wat in Januarie 2018 aan die brand gesteek is ná bewerings dat dit as bordele en dwelmhole gebruik is.

Taxi-operateurs het hul eie klopjagte op die huise, wat deur buitelanders beset is, gedoen. Dít nadat ʼn taxi-bestuur in Desember 2017 dood is toe hy glo deur ʼn dwelmverslaafde met ʼn skerp voorwerp gesteek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

piper ·

mooi.pragtig. ek wens dit word meer gedoen. ek hoop daar is nou nog n paar nigeriers oppad terug huistoe.

Tino ·

Hulle is te bang om op die vliegtuig te klim want hulle sal vervolg word in hulle eie land, dis hoekom hulle hier is…

Ben ·

Hoekom nie die hele land se taxistaanplekke platstoot nie? Dit is daar waar die dwelmsmouse (Nigerians) hulle goed verkoop. Die paar huissies gaan niks beteken nie.

Manie van Worcester ·

wees tog n slag dankbaar, iemand doen iets positief en dis nogal n munisipaliteit

En nou? ·

Ben, dit is nie net Nigeriers wat dwelms verkoop nie. As jy regtig geweet het, sal jy heel moontlik op jou rug val!

Annie ·

Jammer Ben ek moet jou korrigeer .. ek werk saam met jong mense wat kom vir berading en om vry te kom van dwelms.. 95% word in die middelklas woonbuurte verkoop by die huise van die buurt tannie wat se man dan ‘n ouderling is….

Christa ·

Hoekom die huise platstoot? Daar is nooit genoeg behuising nie. Hoekom down polisie nie beter werk en verwyder die inwoners en gee die huise vir behoeftigers.

Loun ·

Kyk na die fot van die huis, sal jy nog n behoeftige persoon daar laat bly?

Von ·

Christa..stem , ek kan nie insien dat n gebou…behalwe as dit n bouval is, omstoot, nou is die probleem opgelos…sinneloos tipies van ons land…kwaad vir iets , dan brand daar geboue. Etc….. hierdie is net n simptoom van die land se ware probleme

Spook ·

Hulls beset dit net weer end ek dink nie daardie huise is leefbaar nie … Never on plat te stoot en n standpunt in te neem

Cherokee ·

Omdat Christa, die huise aan geregistreerde eienaars behoort. Onteiening sal eers moet plaasvind voor dit wat jy voorstel kon gebeur. So wat jy voorstel is nie prakties nie.
Ek bevraagteken die waarde wat aan die eiendomme gekoppel word indien dit vervalle is. Dan is die groter waarde waarskynlik in die erwe en dit verander nie.

Michelle ·

Nee Piper ongelukkig is daar nie Nigeriërs oppad huistoe nie hy het alreeds iewers anders ingekruip. Die munisipaliteit moet eerstens by Sars gaan aanklop en die eienaars se rekening vries sodat hul die munisipaliteit kan betaal vir onkoste en skade aan grond, peste wat uitbroei en als wat daarmee gepaard gaan dan moet dit gesloop word waarvoor die eienaar ook dan moet betaal en dan moet die eienaar sommer ‘n stywe boete kry, ek weet van baie eienaars wat sulke plekke gekoop het sit oorsee en die plekke word as ‘n dwelm nes gebruik.

Simba ·

Die boosdoeners betrek net weer n ander huis, die huis het nie die sonde gepleeg nie.

Ekke ·

Nou moet ons maar net hoop die leë erf word nie gebruik as ‘n nuwe plakkerskamp met sink hutte nie – daar broei ook net onheil uit.

GL ·

Dit is darem iets positief. Mooi so rustenburg julle doen ten minste iets.

Wouter ·

Can you be so stupid to think that the house are the problem. Houses can not sell drugs .That rubbish just move to other houses.

Attie. ·

Kan julle sien dat dit nie huise is nie maar murasies. Daar is waarskynlik ‘n groot bedrag aan die stadsraad verskuldig en die kaal grond is beslis meer werd as die grond met sulke huise op. Dit gaan my verstand te bowe dat daar mense is wat dit nie onmiddelik so insien nie. Eintlik moet alle huise waarvan die belastings nie betaal word nie, verkoop word en wie wil n erf koop met ‘n murasie daarop. Eintlik is hierdie berig nie nuuswaardig nie.

HenryF ·

Ek bly daar naby, die huise is almal afgebrand en gestroop van enige iets waardevol. Baie bly dis nou uiteindelik plat gestoot. Dit was geensins bewoonbaar nie………………….

andre ·

Hulle moes die huise platgestoot het toe die smouse en hulle klante in die huise was……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.