Drie ‘dwelmsmokkelaars’ by OR Tambo betrap

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 52-jarige man het Dinsdag in die landdroshof in Kempton Park verskyn op aanklag dat hy metamfetamien ter waarde van byna R1 miljoen in die land wou insmokkel.

“Emmanuel Akunehuezi Obiwuru, wat met ʼn paspoort van Nigerië reis, is een van drie persone wat binne 24 uur deur die span by OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem is op aanklag van dwelmsmokkel,” het brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, gesê.

Obiwuru het pas van Lagos, Nigerië, geland toe beamptes hom glo deursoek en die dwelmmiddels gevind het wat om sy lyf vasgebind was.

“Hy bly in aanhouding vir verdere ondersoek. Die datum van sy volgende hofverskyning sal later bekend gemaak word,” het Naidoo bygevoeg.

Twee mans, wat van Sao Paolo in Brasilië geland het, is Dinsdagoggend omstreeks 07:30 in hegtenis geneem. “Hulle het die dwelmmiddels ingesluk,” het Naidoo verduidelik. “Die waarde van die dwelmmiddels kan nog nie bepaal word nie, aangesien van die dwelmmiddels nog in hul organe vassit.” Die twee mans, onderskeidelik 35 en 47 jaar oud, het met ʼn paspoort van Angola en een van die Demokratiese Republiek van die Kongo gereis. Hulle verskyn Woensdag in die landdroshof in Kempton Park.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Keelvol ·

Ek gee 100 uit 100 vir die span wat so paraat was om die gevoellose @#$%%^%^ te arresteer . Besef hulle ooit hoeveel mense se lewens hulle weer met hulle gierigheid na geld sou vernietig het???????? Sluit hulle toe & gooi die sleutel ver weg!!!!!!

Winston ·

Hierdie mense moet forseer word om hulle handelsware te eet in 10 minute. Problem solved

SNEL ·

Stuur hulle Bali toe, daar weet hulle wat om met hierdie klomp wat ander mense se lewens vernietig te doen.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.