Drie enkele ure ná kaping vasgetrek

Argieffoto: Nico Strydom

Drie mans wat Donderdag in die vroeë oggendure na bewering ʼn koerierpaneelwa gekaap en daarmee op die vlug geslaan het, is ná ʼn hoëspoedjaagtog met die Gautengse polisie vasgetrek.

Konst. Tumisang Moloto, woordvoerder van die polisie, het gesê die kaping het net ná middernag in uitbreiding 15 van Olievenhoutbosch in Centurion gebeur. Die polisie is onmiddellik in kennis gestel en het kort daarna ʼn voertuig wat aan die beskrywing voldoen in uitbreiding 26 van die gebied opgemerk.

“ʼn Jaagtog het gevolg en toe die verdagtes besef dat die polisie hulle in ʼn hoek dryf, het hulle stilgehou, uitgespring en te voet gevlug,” het Moloto gesê. Een van die verdagtes is op die toneel in hegtenis geneem, terwyl die ander twee daarin kon slaag om weg te kom.

Die trio-taakspan van die Tshwane-Wes-polisiëringsgebied het onmiddellik ʼn soektog na die verdagtes van stapel gestuur en die ander twee verdagtes is binne drie ure in hegtenis geneem, het Moloto gesê.

Die drie verdagtes, tussen 27 en 33 jaar oud, sal binnekort in die Pretoria-landdroshof op aanklag van voertuigkaping verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jhk ·

Lyk my kommas maak nie meer saak in joernalistiek nie… “Drie enkele ure ná kaping vasgetrek” moet lees “Drie, enkele ure ná kaping vasgetrek”. It’s just better grammar.

jaco ·

Tog jammer dat dit nie polities korrek is om ook plaasaanvallers so vinnig te soek, te jaag en te vang nie. Dit word eerder net so gelos en die plaasaanvalle word maar net beskou as stap nr 1 in die proses van onteiening sonder vergoeding.

Thai Dlamini ·

The police catches 3 highjackers and you talk about “plaasaanvalle”. One track minded??

Dienkie ·

@Thai Dhlamini, yes, we are one track minded, because “plaasaanvalle” are a more serious crime which do not receive the attention from the police and the government which it derserve. Did you lost a loved one through a “plaasaanval? No I don’t think so. Do yourself a favour and watch the video that Mariandra posted regarding a “plaasaanval”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.