Drie ernstig beseer in lugballon-ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Drie mense is ernstig beseer nadat ʼn warmlugballon Dinsdagoggend naby Buffelspoort in Noordwes deur die wind geskep is toe dit wou land.

Loanne Louw, woordvoerder van Hartbeespoort Emergency Rescue Unit, het aan Maroela Media gesê die voorval het net ná 07:00 vanoggend gebeur. “Volgens die vlieënier was daar so 15 mense in die lugballon toe dit gebeur het. Die lugballon het net geland, toe dit deur die wind geskep en so 200 meter verder gewaai is,” het Louw gesê.

Sy het gesê die vlieënier het verduidelik die lugballon het so drie keer teen die grond gestamp voordat dit weer deur die wind gelig is en uiteindelik tot stilstand gekom het.

“Een van die pasiënte, ʼn vierjarige meisietjie, het ernstige beserings opgedoen en is per helikopter na die Netcare Garden City-hospitaal in Johannesburg gevlieg,” het Louw gesê. Die kleutermeisie se ma is deur Netcare 911 na ʼn hospitaal geneem met ernstige rug- en armbeserings, terwyl ʼn vrou van Brittanje deur Hartbeespoort Emergency Rescue Unit na ʼn hospitaal in Brits gehaas is, ook met ernstige rugbeserings.

Die ander passasiers in die lugballon is ongedeerd.

Die plaaslike polisiewoordvoerder het nie onmiddellik van die voorval kennis gedra nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Uvonka ·

‘N warmlugballon rit was op my “bucket list”, ek gaan maar verby hou!!! Jammer vir die beseerdes, hoop hulle herstel vinning

RITA ·

Myne ook Uvonka. Ek het nou geen begeerte meer om dit te doen nie. Sal maar iets anders aanpak.

Manie ·

Dit is net so gevaarlik om in n kar te klim. Ek’s is bang verby vir vlieg en het n paar jaar terug in n ballon gaan ry. Dit is die lekkerste met die stilte daar bo in die lug en die uitsig wat n mens het.

Speedguard ·

Alles wat net aan die natuur oorgelaat is, is baie onvoorspelbaar, as hy nie ‘n motor het nie vlieg jy nie, daar is absoluut geen kontrole as moeder natuur oorneem nie, ‘n ballon is vir die kinders om mee te speel en vir die ouer mense om te bars en dit is dit !

CH ·

Ek het vanoggend toe ek werk toe gery het, die wit lugballon gesien. Dit het so pragtig gelyk – hoog bokant die berg in die skoon oggend hemel! Jammer oor die ongeluk . Spoedige herstel aan die beseerdes.

SF ·

‘n Warmlugballon is uiters veilig as die vlieenier al die nodige veiligheidsmaatreëls nakom. Sover ek weet (ek het al meer as 20 keer daarin gevlieg), is 15 persone reeds te veel. En in al die vlugte wat ek meegemaak het, is kinders jonger as 10 nie toegelaat nie, juis omdat hulle lig is en makliker kan seerkry. Enigiets is egter moontlik. Selfs as stap jy op die sypaadjie.

Annerie Tredoux ·

Dis een van my jeug kinders se sussie en ma wat ernstig beseer is.. My hart breek vir die gesinnetjie,… Dat sulke wonderlike mense deur so lelike trauma moet gaan. Bid asb vir hulle vir genesing!

Cockpit ·

Carriage of children.
136.07.8 The operator of a commercial air transport free balloon shall ensure that a child younger than seven years is only carried when all the conditions as prescribed in the manual have been met.

Piet ·

Ek wil dit baie graag doen en gaan beslis! Die kanse om aangeval en vermoor te word is veel groter,om nie eers van die gevare op die pad te praat nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.