Drie ernstig beseer tydens transitorooftog

Foto: Verskaf

Drie mense is ernstig beseer toe ʼn transitovoertuig Donderdagaand buite Tzaneen in Limpopo opgeblaas en beroof is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep gewapende rowers het omstreeks 19:00 die voertuig tussen Ga-Kgapane en Modjadjiskloof voorgekeer. “Die voertuig is met ploftoestelle opgeblaas en ʼn onverklaarde bedrag kontant is geroof,” het Ngoepe gesê.

Die verdagtes het in ʼn wit BMW-voertuig en ʼn Toyota Fortuner op die vlug geslaan. Die voertuie se nommerplate is nie bekend nie.

Volgens Ngoepe is die bestuurder en twee veiligheidslede wat in die transitovoertuig was ernstig beseer en moes na ʼn hospitaal gehaas word.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met meer inligting word versoek om lt.kol. William Ramokhubedu by 082 499 8389 of Crime Stop by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Bertus ·

Ons strawwe te lig. Bring die doodstraf terug. Daar nie meer respek v lewe nie…

Amanda ·

Nou praat jy die waarheid. Ons land in in so gemors …kannie glo ons president wat Standerd 3 het, sien dit nie raak nie. Maar hy rol in die geld en het wagte om hom, warry oor niemand behalwe homself nie.

Piet Pompies ·

Heelwat mense baat by die transito rooftogte en word gesien as die Robin Hood van die Suid Afrika. Onlangs is ‘n goeie vrygewige golowige persoon van Nelspruit doodgeskiet in Gauteng gedurende so ‘n rooftog. Na sy afsterwe het sy werklike bestaan voorendag gekom. Sy inkomste was uit rooftogte en hy het vry aan die arm mense gegee. Steel van die rykes en gee vir die armes.

J ·

As jy Robin Hood wil speel en sulke goeie dade doen. Vermoor jy nie iemand se kind man of kinders se pa nie. Dan is jy nie n goeie mens nie.

Tanya ·

Kan nie sien dat dit, dit enigsins beter maak nie Piet Pompies. Mens werk ongelooflik hard vir wat jy het en hulle kom en steel dit “net om vir die minderbevoorregtes” te kan gee. Nee wat!!

Boontjie ·

Jip, minder bevoorregtes wat heeldag op hul agterstewe sit en vir Robin Hood wag.

spook ·

Die ereld word bietjie siek…. robin hood moet nkandla gaan beroof voor ek my goedkeuring gee! So robin hood wat nou van die beseerde mans wat tien teen een self arm is en families in nood het by hulle huise? Hy het die geld weg gegee want hy het seker n gemoeds aanval gehaad…. en om n deel vir die gemeenskap te gee sus bietjie die gewete?!

jaco ·

Die unieke voorkoms van ‘n geldwa is ‘m ope uitnodiging aan rowers om dit te beroof. Pak die geld in pick n pay sakke en vervoer dit in ‘n Hyundai Getz. Baie veiliger.

G ·

Sê ek ook, maar selfs dit sal nie werk nie. Inside jobs sal daar altyd wees.

Magda ·

Hooop daai gesteel egeld bring hulle AL DIE ONGELUK in die wereld – Sterkte aan die 3 mense wat beseer is.

Paul ·

Ek wil net graag weet wanneer mag die veiligheidswagte hulle vuurwapens gebruik, want jy hoor nooit dat hulle ‘n enkele skoot geskiet het nie. By die winkelsentrums staan hulle egter met ‘n magsvertoon van verskeie kaliber vuurwapens. Is dit dalk net “dummies”.

Johan ·

Dink bietjie vir ‘n oomblik as jy in so staalkapsule is en koeëls klapper teen dit…hoe voel dit, en wanneer kan jy terug vuur? Of as daai springstof afgaan en jou trok so oopskiet soos op die foto, is jy heeltemal gedisorieenteer, doof, in skok. Ek dink nie dis so maklik nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.