Drie mense is ernstig beseer toe ʼn transitovoertuig Donderdagaand buite Tzaneen in Limpopo opgeblaas en beroof is.
Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê ʼn groep gewapende rowers het omstreeks 19:00 die voertuig tussen Ga-Kgapane en Modjadjiskloof voorgekeer. “Die voertuig is met ploftoestelle opgeblaas en ʼn onverklaarde bedrag kontant is geroof,” het Ngoepe gesê.
Die verdagtes het in ʼn wit BMW-voertuig en ʼn Toyota Fortuner op die vlug geslaan. Die voertuie se nommerplate is nie bekend nie.
Volgens Ngoepe is die bestuurder en twee veiligheidslede wat in die transitovoertuig was ernstig beseer en moes na ʼn hospitaal gehaas word.
Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Enigiemand met meer inligting word versoek om lt.kol. William Ramokhubedu by 082 499 8389 of Crime Stop by 08600 10111 te bel.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Ons strawwe te lig. Bring die doodstraf terug. Daar nie meer respek v lewe nie…
Heelwat mense baat by die transito rooftogte en word gesien as die Robin Hood van die Suid Afrika. Onlangs is ‘n goeie vrygewige golowige persoon van Nelspruit doodgeskiet in Gauteng gedurende so ‘n rooftog. Na sy afsterwe het sy werklike bestaan voorendag gekom. Sy inkomste was uit rooftogte en hy het vry aan die arm mense gegee. Steel van die rykes en gee vir die armes.
Die unieke voorkoms van ‘n geldwa is ‘m ope uitnodiging aan rowers om dit te beroof. Pak die geld in pick n pay sakke en vervoer dit in ‘n Hyundai Getz. Baie veiliger.
Hooop daai gesteel egeld bring hulle AL DIE ONGELUK in die wereld – Sterkte aan die 3 mense wat beseer is.
Ek wil net graag weet wanneer mag die veiligheidswagte hulle vuurwapens gebruik, want jy hoor nooit dat hulle ‘n enkele skoot geskiet het nie. By die winkelsentrums staan hulle egter met ‘n magsvertoon van verskeie kaliber vuurwapens. Is dit dalk net “dummies”.