Eskom het aangekondig hy het drie senior bestuurders by sy Koeberg-kragstasie in die Wes-Kaap geskors.
“Eskom het die kragstasie se bestuurder en die aanlegbestuurder voorlopig geskors weens die verspreiding van dokumentasie wat ongemagtigde feite en aannames bevat met betrekking tot Koeberg se produksieplan en in besonder, die vervanging van die stoomkragopwekker,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.
“Die moontlike vooroordeel wat die ongemagtigde optrede van die geskorste personeel vir Eskom veroorsaak het, word ondersoek.” Meer inligting is nie bekend gemaak nie.
In ʼn onverwante voorval het Eskom Koeberg se veiligheidsbestuurder geskors nadat ʼn hommeltuig in die aanleg neergestort het.
“Dié bestuurder is as ʼn voorsorgmaatreël geskors, terwyl die voorval ten volle ondersoek word. Die voorval is strydig met kern-veiligheidsmaatreëls. Die saak is ook by die polisie aangemeld, aangesien Koeberg ʼn nasionale sleutelpunt is.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Het dit nie so ook begin met SABC joernaliste….? Voorbrand vir ‘n toesmeerdery wat volg….?
Mega-paranoia…
Is dit dalk die bestuur wat geweet het hoe werk die aanleg?? Moet mens nie solank ontruim nie?
Blybaar het iemand ‘n “drone” daar laat invlieg. Dit het geland op die gronde. Dit is gevaarlik want kan gebruik word vir moontlike sabotasie. . Die staff het dit geneem en terug gegee vir die eienaar. Daarom die drama. Ek praat ook onder korreksie, dit is wat in ‘n ander srtikel geskryf was.
Dalk het hy ‘n kameratjie gedra. Spioenasie?