Drie Eskom-base by Koeberg geskors

Suid-Afrika se Koeberg-kernkragstasie

Suid-Afrika se Koeberg-kernkragstasie

Eskom het aangekondig hy het drie senior bestuurders by sy Koeberg-kragstasie in die Wes-Kaap geskors.

“Eskom het die kragstasie se bestuurder en die aanlegbestuurder voorlopig geskors weens die verspreiding van dokumentasie wat ongemagtigde feite en aannames bevat met betrekking tot Koeberg se produksieplan en in besonder, die vervanging van die stoomkragopwekker,” het Eskom in ʼn verklaring gesê.

“Die moontlike vooroordeel wat die ongemagtigde optrede van die geskorste personeel vir Eskom veroorsaak het, word ondersoek.” Meer inligting is nie bekend gemaak nie.

In ʼn onverwante voorval het Eskom Koeberg se veiligheidsbestuurder geskors nadat ʼn hommeltuig in die aanleg neergestort het.

“Dié bestuurder is as ʼn voorsorgmaatreël geskors, terwyl die voorval ten volle ondersoek word. Die voorval is strydig met kern-veiligheidsmaatreëls. Die saak is ook by die polisie aangemeld, aangesien Koeberg ʼn nasionale sleutelpunt is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Jakes ·

Het dit nie so ook begin met SABC joernaliste….? Voorbrand vir ‘n toesmeerdery wat volg….?

JoeV ·

Is dit dalk die bestuur wat geweet het hoe werk die aanleg?? Moet mens nie solank ontruim nie?

RC ·

Blybaar het iemand ‘n “drone” daar laat invlieg. Dit het geland op die gronde. Dit is gevaarlik want kan gebruik word vir moontlike sabotasie. . Die staff het dit geneem en terug gegee vir die eienaar. Daarom die drama. Ek praat ook onder korreksie, dit is wat in ‘n ander srtikel geskryf was.

Frederik ·

Ek vermoed die geskorstes was Wit of Bruin en nou dat die ANC sleg verloor het in die Wes-Kaap……….wel ???!!

JoeV ·

“Kenners” sal moet ingevlieg word van China of Rusland om die ding te kom bedryf.

jaco ·

Díé goed gebeur omdat mense werk gegee word NET omdat hulle die regte velkleur het. Ondervinding, voorafkennis en opleiding tel eenvoudig net nie meer nie. Ek sidder vir as ‘n “nuclear meltdown” by koeberg kernkragstasie gaan ontstaan, bloot omdat die werkers daar nie regtig weet hoe die plek werk nie. As mense wat suiwer op meriete en met die regte opleiding eens nie die Chernobyl kernramp kon keer nie, is koeberg met al Eskom se affirmative action letterlik ‘n sogenaamde “ticking timebomb”

Popeye ·

Die veiligheids bestuurder spesifiek het betrekking….hy het nie die protokol geweet of verstaan nie…give him another chance, give him another chance….belaglik!

Lance ·

Met kernkrag is daar nie another chance nie ….genade dalk ontruim soos voorgestel want mens speel nie met die opwekker nie …geen 2de kanse nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.