Drie Gauteng-onnies gepos oor seksuele wangedrag

skool 2 klas onderwyser

Argieffoto.

Die Gautengse departement van onderwys het drie onderwysers afgedank nadat hulle skuldig bevind is aan seksuele wangedrag.

Volgens die departement is daar 11 sake van beweerde seksuele wangedrag by die departement aangemeld en ondersoek. Tot dusver is ses van die sake afgehandel. “In drie gevalle is onderwysers afgedank, een onderwyser is onskuldig bevind, een is twee maande lank sonder betaling geskors en nog een het bedank. Die oorblywende vyf sake word nog ondersoek,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Volgens die departement is al die onderwysers wat by die sake betrokke is by die skole verwyder hangende die uitslag van die dissiplinêre prosesse.

Die departement het verder beklemtoon dat seksuele verhoudings tussen onderwysers en leerders volgens wetgewing verbode is, selfs wanneer die leerder instem tot die verhouding. “Dit is belangrik om kennis te neem dat onderwysers, leerders en ouers ʼn wetlike en etiese verpligting het om sulke sake by die relevante owerhede aan te meld.”

ʼn Polo-afrigter by die Parktown Boys’ High School het onlangs bedank nadat daar bewerings van seksuele aanranding en verkragting teen hom gemaak is. Hy is egter in hegtenis geneem en die strafregtelike saak teen hom is steeds hangend.

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het gesê seksuele aanranding in skole sal nooit geduld word nie. “Die oortreders is gewaarsku, daar sal baie streng teen hulle opgetree word. Dit is ons verantwoordelikheid om kinders, veral meisies, te beskerm,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

1+1 ·

Onderwysopleiding , toelatingsvereistes en keuringsprosesse dit is waar die probleem le.

En ook ·

En ook wat ek wil sê maar nie mag sê. Wat ek wel gaan sê is dat ‘onnie’ eintlik ‘n naam is vir onderwysers wat hulle sout werd is op alle gebiede rakende die onderwys. Dis as’tware ‘n troetelnaam wat gepaard gaan met eerbied. Hierdie is nie onnies, onderwysers, opvoeders maar eerder opfoeters wat ‘n skadu laat val waar dit nie tuishoort.

Cherokee ·

Ek soort van pas jou naam by jou kommentaar en raak gefrustreerd wanneer ek op ‘n manier met jou saamstem maar dan besef ek weer dat die girlies opgepas moet word en jý èn èk deel moet wees van die oppassers. Soort van weersprekend is dit nie:-) maar ons moèt hulle oppas!

Cherokee ·

Nee!! My kommentaar was in opvolging van een wat om een of ander duistere rede verwyder is.

Loots ·

Dié wat veg vir die behoud van godsdiens in skole moet besef dat hierdie die tipe onderwysers mag wees wat die voorbeeld stel en selfs die onderrig aanbied…I rest my case.

Veritas ·

Ek verstaan nie jou argument nie Loots. Watter ‘case’ is die een wat nou moet ‘rest’?

Ai ·

Loots, ek was in baie skole- ons het baie rondgetrek en die Bybel onderrig onnies was almal opgelei in teologie soos die Wiskunde onnies gespesialiseer het in Wiskunde.

Ons L.O onnies het nie vir ons Bybel aangebied nie.

En as jy probeer uitmaak dat dit gelowige mense is wat kinders molesteer dan sal ek graag vir Maroela vra dit hulle nie met my kommentaar polisie speel nie want ek sal jou met grootste liefde mooi inlig oor feit van sake. Jy is duidelik baie oningelig of probeer die ware oortreders beskerm en onskuldige gelowige mense beswadder.

Michael ·

Name and shame them dit lyk nou of alle onnies so is en ons weet almal dit is nie so.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.