Drie Gautengse skole geruk deur leerders se dood

(Argieffoto/Unsplash)

Die Gautengse onderwysdepartement het beraders na drie skole in die provinsie gestuur ná die dood van drie leerders die afgelope week.

Die departement is Woensdag in kennis gestel van die dood van ‘n gr. 10-leerder aan die Emadwaleni Secondary School in Soweto. Die seun het glo sy eie lewe geneem. Sy liggaam is in ‘n park naby sy ouerhuis gevind. Die polisie ondersoek die voorval.

Die Laerskool PS Fourie in Eersterust, Pretoria het intussen ‘n gr. 7-leerder aan die dood afgestaan. Die seun het ook glo sy eie lewe geneem. Volgens die departement was die seun glo nog nie by die skool sedert die aanvang van die derde kwartaal nie.

‘n Gr. 11-leerder aan die Clapham High School in Pretoria is Dinsdag dood nadat hy begin siek voel het. Leerders het sokker gespeel toe hy begin siek voel het waarna sy ouers ingelig is en ‘n ambulans na die skool ontbied is. Die seun is later die aand in die Muelmed-hospitaal in Arcadia dood.

Panyaza Lesufi, Gautengse LUR vir onderwys, het sy medelye met die drie leerders se families betuig.

“Ons treur saam met die leerders se gesinne, vriende, onderwysers en medeleerders. Daar is nie voldoende woorde om ons hartseer oor die verlies van ‘n kind uit te druk nie. Ons hoop dat die gesinne vertroosting sal vind in die wete dat ons ook hul verlies deel,” het Lesufi gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Belinda ·

Dis verskriklik!
Dan is daar nog die 3 vermiste kinders wat ook nou dood gevind is. Wat gaan aan!? en so jonk! ai dis verskriklik.
My innige simpatie aan al die kinders se familie.

E ·

en in die laaste week het 2 in dreinpype geval en is dood, een is nog vermis.

Sandra ·

Die kinders kan nie die druk van die skool vat en dan is daar nog Covid wat hulle mee moet “cope”. Dis uiters tragies dat hulle hul eie lewens neem. My innige simpatie met die ouers.

Elmarie ·

Ons as volwassenes moet wakker skrik en ons kinders se gedrag fyn waarneem. Covid van die kinders emosioneel baie hard.

Baie sterkte vir die 3 families en vriende, dit is hartseer tye.

Skappie ·

Dat kinders op so jong ouderdom al aan selfmoord dink. Ai, ons wereld is so deurmekaar. Sterkte aan elke gesin, en vriende van die kinders. Mag onse liewe Heer elkeen van julle deur hierdie moeilike tyd dra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.