Drie gedenkdienste vir Bra Willie gehou

Prof. Keorapetse William Kgositsile, meer bekend as Bra Willie. Foto: ANA

Drie afsonderlike gedenkdienste sal vir Keorapetse William Kgositsile, meer bekend as Bra Willie, die bekende digter en politieke aktivis, gehou word.

Maroela Media het vroeër berig Kgositsile is vroeër vandeesmaand in die ouderdom van 79 oorlede.

Mandla Langa, wat deel  is van die begfraniskomitee, het gesê dié gedenkdienste is op so ʼn manier georganiseer dat dit vir almal die geleentheid sal bied om die lewe van “hierdie wonderlike ikoon wat nederig, onselfsugtig en toegewy was daaraan om denke te bemagtig en wysheid oor te dra” te vier, het Langa gesê.

ʼn Gedenkdiens is 6 Januarie in New York gehou.

Langa het gesê baie van die gedenkgeleenthede sluit die lees van poësie, jazz-musiek en refleksies op die samelewing in. “Dit is hoe Kgositsile sou verkies om gevier te word,” het Langa gesê.

Langa het ook gesê die gesin het reëlings getref om elke dag tussen 18:00 en 19:00 sessies by die gesinshuis in Killarney in Johannesburg te hou om sy lewe te vier.

“Die medelye-boeke sal van Dinsdag af by die gesinshuise in Killarney en Diepkloof beskikbaar wees. Verdere reëlings sal getref word vir die boodskapboek om by die Markteater in Newtown en die stadsaal beskibaar te wees tydens die gedenkdienste op die 11de en 12de Januarie onderskeidelik,” het Langa gesê.

Pres. Jacob Zuma het Sondag ʼn amptelike begrafnis vir die digter verklaar.

Zuma het verder opdrag gegee dat die landsvlag oral halfmas moet hang op 16 Januarie, die dag van die begrafnis. Adjunkpres. Cyril Ramaphosa sal glo die huldeblyk doen.

Kgositsile is in 2006 as Suid-Afrika se tweede nasionale hofdigter (poet laureate) aangewys ná Mazisi Kunene wat eerste as hofdigter bekroon is.

Hy het ook die nasionale Ikhamanga-toekenning ontvang vir sy bydrae tot literatuur.

Die  gedenkdienste sal gehou word by:

  • Laerskool Houghton, 17:30, 10 Januarie.
  • Johannesburg stadsaal, 12:00-16:00, 11 Januarie.
  • Markteater in Newton, 12:00, 12 Januarie.

“Die begrafnisdiens sal 09:00 by die Marks Park in Emmarentia gehou word. Hy sal dan in Wespark-begraafplaas begrawe word,” het Langa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Elizabeth ·

Hamba kahle, Bra Willie! Een van die nederigste mense wat ek ooit geken het! Rus in vrede!

Hendrik ·

Ek wonder of huidige aktiviste teen die huidige regering ook eendag so geeer gaan word?

Mimi Boshoff ·

Nog nooit van hom gehoor nie! Verbasend hoe almal gedenkdienste en ure en ure se dekking op die nuus kry!

Hans ·

ken hom nie, het nie geweet van hom nie. Die wat ek mee saam werk ken of weet ook nie van hom nie. Kan wat hom geken vir ons verduidelik wat was sy bydrae tot die verarming van die land. Dit wil my voorkom as jy bomme plant en mense dood maak word jy tog later vergoed daarvoor.

Alice ·

Waaruit word die DRIE gedenkdienste befonds…. Wonder maar net! Hou 1 gedenkdiens en help eerder behoeftiges wat nog asemhaal met die fondse wat op die ander 2 gedenkdienste spandeer sou word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.