Drie gered ná hoogwater hulle strand

Foto: NSRI

Foto: NSRI

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het ʼn man en twee kinders gered nadat hulle op ʼn rots gestrand was weens hoogwater in Pacaltsdorp naby George.

Hennie Niehaus, stasiebevelvoerder van NSRI-Wilderness, het gesê die NSRI is omstreeks 18:30 Saterdagaand na die strand ontbied nadat mense iemand om hulp hoor roep het.

Volgens Niehaus het hulle gesien die rots sal nie heeltemal onder die water verdwyn nie, maar dat dit lank sou duur voordat die water genoeg sak sodat die mense self na veiligheid kan loop.

ʼn Reddingswerker het met toue na die rots geswem. Errol Duitsjan (53), sy seun Shonnold (13) en ʼn vriend Ronaldo de Klerk (7) het op die rots gestrand geraak terwyl hulle visgevang het. Volgens Niehaus was hulle reeds in die vroeë stadium van hipotermie.

Niehaus het gesê Duitsjan, sy seun en die vriend is een vir een met behulp van die reddingswemmer en toue na veiligheid gebring. Almal is vir ligte hipotermie behandel en het geen verdere beserings opgedoen nie.

Foto: NSRI

Foto: NSRI

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.