Drie geskiet tydens Klipheuwel-plaasaanval

Aanval in Klipheuwel (Foto: Titanium Securitas)

Drie persone is Saterdagoggend geskiet tydens ʼn plaasaanval by Klipheuwel in die Wes-Kaap.

Kobus Kotze, woordvoerder van Titanium Securitas, het gesê Titanium Securitas Medical Response is Saterdagoggend kort ná 01:00 na die toneel ontbied.

“Ons reaksievoertuig en ambulans is dadelik na die toneel ontplooi. Met hul aankoms by die toneel is drie volwassenes in die huis aangetref wat ernstige beserings weens skietwonde opgedoen het,” het Kotze gesê. “Die persone is op die toneel gestabiliseer voor hulle na ʼn hospitaal geneem is vir dringende mediese behandeling.”

Volgens Kotze het een van die slagoffers gesê hulle het gelê en slaap toe minstens vier manspersone hulle oorval en waardevolle besittings en die kluis se sleutels geëis het. “Daar was ʼn onderonsie en die oortreders het lukraak op die huiseienaar en sy vrou begin skiet. ʼn Vriend, wat ook in die huis geslaap het, wou die man en sy vrou help. Hy is ook in die bors geskiet.”

Die verdagtes het met leë hande te voet van die toneel gevlug.

Kotze het wetstoepassers, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en plaaslike plaaswaglede bedank vir hul bystand.

Maroela Media wag op terugvoer van die polisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Persheks Adri ·

Terreuraanvalle teen ons! Hulle het niks gevat nie so dit sê ook baie…

Bertie ·

Nog n terroriste aanval op boere. Dis al so algemeen dat dit as normaal aanvaar word.

Wikkelwillie ·

Korrek. Mense raak beide sat en afgestomp ter gelyketyd

My siening ·

Ja cyrel dit is die resultaat van die twak wat daai arrogante cele kwyt raak!
Maar cele sê moes boere is arrogant.

Werner ·

Boere en hulle gesinne mo t opleiding kry en so hard as moontlik terugslaan.Die regering sal nooit die komando terugbring nie jy en jou gesin is nou die komando.Berei jou daarvolgens voor ons is in n oorlog situasie

Persheks Adri ·

Cele sê dan dis vakansie misdaad die slim man mens sy groot hoed.

Eish Cyril your people man…

Dirk Mostert ·

Hy dink nie dit verdien prioriteit nie, ‘n boodskap aan die terroriste dat die polisie nie in hul pad staan nie. Deur wapenlisensie-wetgewing maak hy dit minder gevaarlik vir hulle. Die ANC (indirek) en EFF (direk) moedig geweld teen blankes aan, maar die MRK dink nie dis haatspraak nie.

Jessica ·

Plaasaanvallae, plaasanvalle… die polisie gee nie n duit om nie en ons president ook nie…

Moedeloos ·

Sal baie graag wil weet op watter plaas die aanval was. Ry baie daai pad

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.