Drie geskors oor ‘reusebedrog’ by Jhb-mark

Die Johannesburgse Varsproduktemark. Foto: Google Maps

Die Johannesburgse Varsproduktemark. Foto: Google Maps

Grootskaalse korrupsie, bedrog en diefstal van meer as R7,5 miljoen is by die Johannesburgse Varsproduktemark aan die lig gebring.

Herman Mashaba, burgemeester van Johannesburg, het gesê die aktiwiteite het aan die lig gekom in genl. Shadrack Sibiya, hoof van die stad se teenkorrupsie-eenheid, se verslag ná ʼn ondersoek na die bewerings.

Volgens Mashaba maak die verslag melding van hoe drie beamptes by die mark en ʼn aantal verskaffers die stad bedrieg het deur die bedrae van verskeie goedere verkeerdelik deur te gee via die mark se verkrygingsprosedures.

“Een so ʼn geval het die stad se inwoners R1 863 876 uit die sak gejaag. In nog ʼn geval het die stad meer as R5 miljoen te veel betaal aan ʼn verskaffer. Ons het ʼn saak van bedrog, diefstal en korrupsie by die Valke aanhangig gemaak teen die betrokke beamptes.”

Volgens Mashaba is die drie beamptes wat by die voorval betrek word, geskors hangende die uitkoms van alle ondersoeke na die voorval. Hulle verwag om binnekort mense wat by die voorval betrek word in hegtenis te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

WitBlits ·

So ry die trein, so ry die trein, die Zumpi se soustrein ……………….!!!!!

HOPELIK ONTSPOOR HIERDIE EEN SOMMER GOU-GOU!

Groot oë ·

Ek sit met groot oë, die tipe goed begin alledaags raak, dit is hoekom daar nerens geen geld vir verbeterings is nie. Herman Mashaba & Valke, maak skoon die gemors en baie geluk, goeie werk. Neem hul net vinnig in hegtenis, sodat hul nie dalk vlug nie. Met al daai geld maklik.

Johann ·

Geskors? Nie GEFIRE nie? Nie in hegtenis geneem nie? Op vrye voet om iewers anders NOG te steel en daatmee ook weg te kom! Ergste is: díe is wat ons van te hore kom. Sidder om te dink wat nie uitgevang word nie en bloot aanhou.

thelsa ·

In die nuwe SA moet jy nie iemand enigsins wat met finansiële tipe transaksie te doen het, verantwoordelik maak nie. Die beginsel van etiek en eerlikheid is nog heeltemal ‘n vreemde begrip vir die nuw Suid Afrika.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.