Drie gesoek ná rooftog by Menlyn-winkelsentrum

Die polisie is op die spoor van drie verdagtes wat Sondag glo ʼn juwelierswinkel in die Menlyn-winkelsentrum in Pretoria beroof het (Foto: Mpho Mathoho, Twitter)

Die polisie is op die spoor van drie verdagtes wat Sondag glo ʼn juwelierswinkel in die Menlyn-winkelsentrum in Pretoria beroof het. Twee mense, onder wie ʼn sekerheidswag en ʼn lid van die publiek, is tydens die rooftog geskiet.

Volgens kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, het die drie verdagtes, twee mans en ʼn vrou, net voor 15:00 die Arthur Kaplan-juwelierswinkel in die winkelsentrum betree. Hulle het glo ʼn vuurwapen op werknemers in die winkel gerig en juweliersware geëis.

“Een van die werknemers kon daarin slaag om die paniekknoppie betyds te druk en die verdagtes het op die vlug geslaan. Hulle het die juweliersware wat in die winkel uitgestal was, gegryp,” bevestig Sello.

“Op pad uit die winkelsentrum het die verdagtes ’n sekerheidswag teëgekom en op hom begin skiet. ʼn Lid van die publiek is in die kruisvuur vasgevang en het ’n skietwond opgedoen.”

Maroela Media het vroeër berig die sekerheidswag is in die maag geskiet en die lid van die publiek het twee skietwonde in sy onderste ledemate opgedoen. Hulle is albei deur nooddienste na nabygeleë hospitale vir verdere mediese behandeling geneem.

Daar kan op die winkelsentrum se kringtelevisiekamera gesien word hoe die verdagtes in ‘n wit en blou motor uit die winkelsentrum probeer vlug (Foto: Yusuf Abramjee, Twitter)

Daar kan op die winkelsentrum se kringtelevisiekamera gesien word hoe die verdagtes in ‘n wit en blou motor uit die winkelsentrum probeer vlug.

In die video kan gesien word hoe hulle plate gebruik om oor die metaalpenversperring by die valhek te jaag.

“Die polisie in Brooklyn ondersoek ʼn saak van sakeroof en poging tot moord. In hierdie stadium is die verdagtes se identiteit nog nie bekend nie.”

Enigiemand met meer inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan lei, kan die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

SomeOne ·

‘n paar “squire tubings” wat gebuig is met versterkings na die middel oor die “spikes” om te keer dat dit nie onder die voertuig se momentum moet padgee en sterk genoeg om die voertuig te dra

Lubbe ·

Online shopping is verseker die veiligste manier om deesdae jou goed te koop. Ons winkel sentrums raak nou te gevaarlik.

Snowball ·

Ons is in criminal lockdown level 5 – kan nêrens meer gaan sonder vrees vir misdaad. Siek land.

SjN ·

Inside job, dit vat tyd om die rumps oor die penne te plaas, haarfyn beplan.

piet ·

Baie innoverend net betrekking tot die “ramps”. Goed beplan.

Inge ·

Menlyn sal hulle sekuriteit moet opskerp, dringend! So ook Woodlands. Hierdie is net die begin.

piet ·

Kyk, ons misdadigers kan oorsese misdadigers ‘n ding of twee leer as dit by vindingrykheid en doeltreffendheid kom.

Misky ·

Baie uitgeslape en slim beplan. Hierdie ouens het dalk 30% op skool gehad, maar 130% by skelm wees en planne uitdink

Thelsa ·

Die ysterpenne keer net die eerlike persoon wat nie sy parkeerkaartjie wil betaal nie.

SomeOne ·

en daar is al die miljoene rande se denke, vervaardiging, installering en planne vir die “spikes” na die maan, vra vir die ouens om parkades se uitgange vir jul te beveilig

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.