Drie gesoek wat by hof ontsnap

Van links: Sandile Gasa , Jima Dube en Emmanuel Sibanda (Foto: SAPS)

Die polisie in Mpumalanga het ʼn grootskaalse soektog van stapel gestuur nadat vier verdagtes Maandag onder toesig by die landdroshof in Volksrust ontsnap het. Een van die verdagtes is intussen aangekeer.

Kol. Donald Mdhluli, woordvoerder van die polisie, sê volgens berigte het die polisie die vier verdagtes, Welcome Mncube (56), Jima Dube (34), Sandile Gasa (42) en Emmanuel Sibanda (28) die oggend na die hof geneem.

“Terwyl die verdagtes uit die polisievangwa na die hof geneem is, het daar ʼn onderonsie tussen die verdagtes en die polisie ontstaan en die vier verdagtes het ontsnap. ʼn Soektog na die verdagtes is onmiddellik van stapel gestuur,” sê Mdhluli.

“Ten tyde van die soektog het polisie inligting ontvang dat die een verdagte, Mncube, in ʼn bos naby die hof gewaar is. Die polisie het die leidraad opgevolg, hom opgespoor en weer in hegtenis geneem.”

Mdhluli sê toe die polisie die man wou boei, het hy probeer om een van die polisielede se dienspistool af te neem. Die vuurwapen het in die proses afgegaan en die verdagte is getref. Hy is onder polisiebewaking na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere mediese behandeling.

“Twee polisielede wat tydens die struweling by die hof beseer is, is tans besig om aan te sterk in die hospitaal.”

Die verdagtes is aanvanklik vir ʼn sakeroofvoorval wat op 10 April in Volksrust plaasgevind het in hegtenis geneem. Hulle is ook ná die voorval in besit van ʼn vuurwapen en ammunisie gevind, wat hulle tydens die rooftog gebruik het.

Die verdagtes het twee dae later hul eerste hofverskyning gehad. Die dag toe hulle ontsnap het, sou hulle vir die tweede keer in die hof verskyn het.

Die verdagtes staan ook tereg op aanklagte van die besit van ʼn gesteelde voertuig. Hierdie voertuig, ʼn Ford Ranger, is glo tydens die sakerooftog gebruik. Voorlopige ondersoek dui daarop dat die voertuig in Gauteng gesteel is.

Die polisie doen ʼn beroep op die publiek om nie die verdagtes te nader nie omdat hulle gevaarlik is. Enigiemand met meer inligting wat tot hierdie verdagtes se inhegtenisnemings kan lei, kan die Volksrust-polisiestasie by 017 735 9913 skakel of die Stop Misdaadnommer by 08 600 10111.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Persheks Adri ·

Ag nee man! Hoed kan nie in die pos sit en sy mense behoorlike opleiding gee nie. Verdomp pateties verby pffft hulle maak naar. Shame nou lê hy lekker in die hospitaal, maar blanke boere word mediese behandeling geweier in die selle

Chris ·

Hy gaan nog ontsnap ook vanuit die hospitaal. Hoed gaan dit toelaat…

Kobus ·

Ek verstom my oor al die ontsnappings. Onderonsie met polisie,ontsnap,vlug/hardloop weg? Maw,hulle was nie eens geboei nie.

Hennie J ·

Swak, pateties en eenvoudig net onbevoegdheid / of n inside job!
Dit is hoog tyd dat hierdie patetiese konstabels se toesighouers ook voor stok gekry word vir swak toesighouding. n Raaiskoot: Die toesighouer was nog besig met make-up en pruik opsit toe die konstabels reeds vertrek het.

Jakes ·

Dis n sirkus, geen wonder dat ou bekende sirkusse nie meer in SA bestaan nie. Hulle kannie kommunikeer met al die miljoene narre wat elke dag ons lewens versuur nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.