Die departement van korrektiewe dienste (DKD) en die polisie het ʼn reusesoektog begin na drie veroordeelde misdadigers wat Vrydag in die vroeë oggendure uit die Leeuwkop-gevangenis in Johannesburg ontsnap het.
Die DKD het geen besonderhede verskaf oor hoe die mans uit die tronk ontsnap het óf waarvoor hulle tronkstraf opgelê is nie.
“ʼn Ondersoek word gedoen en die omstandighede rondom die ontspanning sal bekend gemaak word sodra die ondersoek afgehandel is,” het Singabakho Nxumalo, DKD-woordvoerder, gesê.
Die voortvlugtiges se name is Ashiphe Mfusi Zinyateli, Reuben Khemi en Tshepo Mogawane.
Die DKD het ook ʼn beroep op mense gedoen om met enige inligting oor die ontsnapping vorendag te kom.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
3 Kommentare
Hoe kry hulle dit reg om te ontsnap.Is daar nie elektriese heinings om die fasiliteite nie.Hoe kom hulle uit die gebeu uit.
Gaan soek intern na die ontsnaproete.
As mense vermoor word vir n selfoon of vir so min as R400 dan kan n ontsnapping seker ook gereel word vir nog minder.