Drie gesoek wat uit polisiesel ontsnap

Dimakatso Chiloane.

Die polisie in Mpumalanga soek drie verhoorafwagtende gevangenes wat die naweek uit die aanhoudingselle van die Calcutta-polisiestasie ontsnap het.

Lwazi Mdlovu

Die drie het Saterdag ontsnap saam met nog twee verdagtes, Brian Ubisi (20) en Bongani Sivalo (19), wat later aangekeer is in hul wegkruipplek in Justicia, naby Hazyview. Albei word aangehou op aanklagte van verkragting wat na bewering op afsonderlike geleenthede gebeur het.

Bykomende aanklagte staar die twee in die gesig nadat hulle ontsnap het en weer aangekeer is, sê sers. Gerald Sedibe.

Die drie wat nog op vrye voet verkeer, is:

  • Peace Khoza (21), wat in hegtenis geneem is weens poging tot moord, verkragting en ontvoering.
  • Lwazi Mndlovu (21), wat in hegtenis geneem is weens moord.
  • Dimakatso Smomoza Chiloane (22), wat in hegtenis geneem is weens moord.

ʼn Interne ondersoek word beplan om die omstandighede te probeer vasstel wat tot die ontsnapping aanleiding gegee het.

Enigeen met inligting oor waar die drie hulle bevind, word versoek om lt.kol. Dudu Shabangu by 082 469 2569 of Stop Misdaad by 0860 010 111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Karolis ·

Kol. Shabangu, begin by die lede wat aan diens was of veronderstel hulle was aan diens/teenwoordig.

leser ·

21 en 22 jaar oud en aanklagte van moord, hoe gaan hulle ooit deur die lewe kom, ek sien geen lig in die tonnel vir hulle nie

Magrietha ·

Nou vra ek hoe gebeur dit dan iemand uit tronk kan onsnap dit kan mos noe gebeur nie

Abe ·

Magrietha,
Ek wil ook graag weet hoe ontsnap n mens uit aanhoudingselle/polisieselle. Die terminologie impliseer mos dat n mens nie kan ontsnap nie.

Philip ·

Dit klink alweer na “inside job”. Slegte begin vir hulle in die lewe op so jong ouderdom.

Fred ·

Dalk is hulle by Discovery se hoofkantoor in Sandton om hul gratis aandele op te eis.

Abe ·

MM,
Dankie vir die berig en die duidelike foto’s (hoekom net 2 foto’s?)
Probeer om dadelik vir ons te laat weet as daar enige vewikkelinge in die saak is.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.