Drie gesoekte verdagtes agter tralies

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Drie van die mees gesoekte en gevaarlikste verdagtes wat die gemeenskap in Thohoyandou, Limpopo, geteister het, is in hegtenis geneem.

“Die verdagtes is in hegtenis geneem in verband met meer as 20 sake van huisbraak, verkragtings, moord, poging tot moord, motorkaping en diefstal,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, gesê. Een van die verdagtes is ʼn Zimbabwiër en die ander twee is Suid-Afrikaners.

“Twee van die verdagtes word verbind met ʼn saak van huisbraak en verkragting waar ʼn man en vrou baie erg aangerand is voor hul twee dogters, onderskeidelik nege en 13 jaar oud,” het Otto bygevoeg. “Die 13-jarige is daarna voor haar ouers verkrag.”

Die ondersoek duur voort om die verdagtes moontlik aan nog voorvalle te verbind.

Die mans verskyn na verwagting Maandag in die Thohoyandou-landdroshof.

Otto het bygevoeg speurders van die Thohoyandou-misdaadintelligensie-eenheid en ʼn taakspan onder leiding van genl.maj. Kgalani Meetsi, het ʼn deurbraak gemaak vir veiligheid in die omgewing met dié inhegtenisneming.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yvonne ·

My eerste reaksie op hierdie Sondag ná kerk is sowaar: martel die swerkaters! Gee hulle hul eie medisyne! Hoe hartseer dat ons nou al self geweldadige gedagtes koester. Ek hoop nietemin en meer nugter dat hulle nooit weer vrygelaat word nie.

CHRISTA ·

Ek hoop hulle bly agter tralies en kry nie weer kans om te “ontsnap” nie – veral waar hulle deur tralies saag SONDER dat die polisie dit hoor!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.