Drie gesteelde voertuie naby grens onderskep

ʼn Oranje Toyota Legend is buite die Dludluma-nedersetting gevind (Foto: SAN

Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) op patrollie in Mpumalanga het die afgelope twee weke drie gesteelde voertuie naby die Mosambiekse grens onderskep. Byna 500 kg se dagga is ook in die provinsie gekonfiskeer.

Luidens ʼn verklaring uitgereik deur die SANW is die eerste gesteelde voertuig, ʼn splinternuwe wit Toyota Hilux Legend ter waarde van R600 000, in die Steenbok-nedersetting digby die Mosambiekse grens teruggekry.

“Lede van die SANW en die polisie in Tonga het die voertuig langs die nedersetting se begraafplaas onderskep. Die bestuurder van die voertuig, ʼn 31-jarige man van Witbank, het na ʼn nabygeleë huis gevlug. Lede van die plaaslike gemeenskap het die verdagte uitgewys en hy is in hegtenis geneem,” lui die verklaring.

Die Ford Ranger het in ‘n sloot vasgeval (Foto: SANW)

Volgens die SANW is ʼn oranje Toyota Legend met dieselfde waarde op dieselfde dag in die bosse buite die Dludluma-nedersetting gevind. Die voertuig was glo onderweg na die Mosambiekse grens.

“Die bestuurder van die voertuig het in die omliggende bosse gevlug en word nog gesoek. Die voertuig is aan die polisie in Komatipoort besorg.”

ʼn Derde voertuig – ʼn Ford Ranger ter waarde van R400 000 – is dieselfde week ook in die Dludluma-nedersetting teruggevind. Die voertuig, wat glo in Rustenburg gesteel is, het in ʼn sloot vasgeval.

“Weermaglede het die bakkie in die sloot opgespoor en terwyl hulle die voertuig genader het, het die bestuurder en passasier uit die voertuig gespring en gevlug.”

Verder het weermaglede by die Nerston-grenspos tussen Suid-Afrika en Eswatini dagga ter waarde R1 315 050 gekonfiskeer.

“Weermaglede het ʼn swaar gelaaide Toyota Hilux-enkelkajuit by die grenspos opgemerk en agterdogtig geraak. Hulle het die voertuig agternagesit en ʼn jaagtog het gevolg. Die bestuurder van die Hilux het tydens die jaagtog van die pad afgetrek en te voet in die bosse gevlug.”

‘n Splinternuwe Toyota Hilux is teruggevind (Foto: SANW)

Dagga ter waarde van R1 315 050 is gekonfiskeer (Foto: SANW)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Colin ·

Eenvoudige wiskunde. Dagga word per gewig verkoop. Waarde per Kg x Kg gekonfiskeer en Bob’s your uncle!

SjN ·

Nee Colin , nie so maklik nie, daar is eenvoudig baie verskillende kultivars/graderings , kwaliteit en verwerkingsmetodes, jammer om jou battery nat te maak.

Harley Davidson ·

Ek dink die persoon wat die berig skryf gee net inligting wat hy/sy wil en daarom is dit so onverstaanbaar.

Guillaume ·

Dis nou n goeie vraag daai. Ek vind dit altyd verstommend met die syfers wat hulle voorgee. Bv, ‘majat, jat’ lae graad sal baie minder waarde dra as eder gooi zol soos n behoorlike stam van indoor/ outdoor. Die groot cocaine busts (well die wat bloot gestel is aan die public wat ons van weet) wat hierdie jaar gevind is oorskrei by ver die R1.3m se papagaai slaai. Daar was drie, een, in Durban hawe wat 1 ton se cocaine gevind was. Twee, was n wit boot prop vol cocaine wat n ford ranger gesleep het en oorgtrek was in Pretoria naby die flying saucer interchange. Die boot was gehak in Durban hawe op trailer en lyk my dit was oppad pietermaritzburg se kant toe. Dit die boot het 400kg se cocaine opgehad ter waarde van R400 000.00m se goed. Drie, n swart Nissan mp300 was gevind abandoned met 750kg se cocaine.

As ek die storie so kyk lyk my die cartels het nuwe smokle routes gekry en makliker omrede die corruption hier in SA.

Verskooning my spelling en Engli-kaans ek dislekties.

Blomme ·

Mens is verstom oor al die misdaad in ons land. Dit lyk regtig of die president en sy kabinet met oog en oorklappe loop. They hear nor see no evil! Patete!!

Swartskaap ·

Op pad na die grens, om deur die skelm polisie en doeane beamptes deurgelaat te word. Skande!!!

Shakespeare ·

Die dwelm handelaar se distribusie is gestop. Welgedaan. Nou is die “fonds” in die SAP se hande. Is hulle nie maar ook ‘n distribusie kanaal nie ? Vra maar net.

Frank John ·

Hahahaha, toe hardloop hulle vir die weermag mense weg. Weermag seker te oorgewig en onfuks om hul in te hardloop of net te lui om dit te doen. Ai, hoe sal ons in ‘n oorlog situasie enige geveg kan deelneem?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.