Drie gevangenes ontsnap uit Limpopo-tronk

Vusi John Mabona (links) en Mahlatse David Sithole (regs) (Foto: Verskaf)

Die polisie is op die spoor van twee verhoorafwagtende gevangenes wat Saterdagaand saam met nóg ʼn makker uit die aanhoudingselle in Zaaiplaas buite Groblersdal in Limpopo ontsnap het.

Een van die gevangenes is intussen weer aangekeer.

Kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, sê die ontsnaptes, Dingaan Mtshwene (35), Mahlatse David Sithole (32) en Vusi John Mabona (33), het glo die aand ontsnap terwyl die polisie hulle roetinediens in die selle gedoen het.

Die polisie het die drie agternagesit en Mtshwene is weer in hegtenis geneem.

Die omstandighede rondom die ontsnapping word nog ondersoek.

Mtshwene is aanvanklik in hegtenis geneem vir verkragting en roof met verswarende omstandighede, Sithole (32) vir verkragting en Mabona vir moord en verkragting.

Enigiemand met meer inligting oor waar die verdagtes hulself bevind, kan speurder Mhletshwa Shabangu by 082 303 9894 bel of die polisie se misdaadnommer by 08600 10111 skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Persheks Adri ·

Hierdie raak nou ‘n gewoonte! Elke week is daar verhoorafwagtendes wat ontsnap… Hoe gebeur dit? Laat mens wonder

Jakes ·

Ontsnappings uit aanhouding stipuleer maar net weer dat dit net so maklik is as om n misdaad te pleeg.

B-Man ·

‘n Mens sou dink dat hulle vir die 3 gratis maaltye en warm bed sal wil tronk toe… maar dan besef jy dat al drie verkragters is en nie die skoen aan die ander voet wil hê nie.

Cornelius ·

Dis nou al die hoeveelste “ontsnapping” uit aanhouding. Hoe gebeure dit? Dis duidelik die kriminele het meer verstand as die polisie.

Genis ·

Daai foto spreek boekdele… Weereend swak diens, en daar is seker weer n omkopery agter die ontsnapping

Niklaas ·

Dit gebeur deesdae al meer. Word daar geldjies geplaas in groot bakhande om hierdie dinge te laat gebeur ? Dit sal my nie verbaas nie .

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.