Drie gevonnis na skietery op Kaapse prokureur

William Booth. (Foto: attorneys.co.za)

Die Wes-Kaapse polisiebestuur het die vonnisoplegging van drie mense in verband met die mislukte huurmoordpoging op die vooraanstaande Kaapse prokureur William Booth, verwelkom.

Verskeie skote het op 9 April verlede jaar buite Booth se huis geklap. Sy voertuig is getref, maar Booth is nie in die aanval beseer nie.

Kauthar Brown, Ebrahim Deare en Riyaad Gesant het skuld beken. Brown (36) is tot drie jaar huisarres gevonnis nadat sy skuldig bevind is op aanklagte van die oortreding van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, sameswering om moord te pleeg en poging tot moord.

Deare (37) is tot effektief 10 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy op dieselfde aanklagte sowel as die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie skuldig bevind is. Gesant (33) is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis.

Die SAPD-bestuur het die ondersoek- en vervolgingspanne geprys vir die noukeurige werk wat gelei het tot die skuldigbevinding en die daaropvolgende vonnisoplegging.

Zane Kilian, wat aanvanklik in verband met die sluipmoord op lt.kol. Charl Kinnear in hegtenis geneem is, word ook nou by die aanval op Booth betrek. Hy word afsonderlik verhoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

KB ·

Lekker ligte vonnisse, nè!
Geen wonder hier’s soveel misdaad in SA nie.

Francois Le Cochon ·

Daar was pleitooreenkomste. Hulle gaan almal teen Zane Killian getuig, die groot vis.

Marshall ·

Maar as ‘n blanke vrou, onder ekstreme emotoinele stres, n polisieman beledig, dan is die vonnis ‘n paar jaar TRONKSTRAF. Kan Afrikaners nog nie sien waarheen die verdoemde bedeling op pad is nie? Sesessie is die enigste werkbare pad uit hierdie nagmerrie.

Jaco ·

Orania was ‘n ligte poging tot sesessie. Skaars 60 mense het dit in 1991 gestig. Vandag 30 jaar later bly daar maar 2000 mense. Hulle stem darem saam oor die doel en funksie van Orania, maar hulle is in AG kerke verdeel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.