Drie gevonnis oor perlemoen-stropery

Argieffoto van perlemoen waarop daar beslag gelê is (Foto: SAPD Wes-Kaap)

Drie persone is vandeesweek in die Khayelitsha-streekhof gevonnis in verband met perlemoenstropery.

Yihang Li (32), van China, en Jan Jacobs (43) het skuld beken op verskeie aanklagte van die onwettige besit van perlemoen. Hulle moet elkeen ʼn boete van R100 000 betaal aan die strafregtelike bateherwinningsrekening en alle perlemoen, waarop daar beslag gelê is, sal aan die staat oorgegee word, het Zinzi Hani, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), gesê.

Hulle is elkeen ook vyf jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is met baie streng voorwaardes vir oortreding van die Wet op Mariene Hulpbronne. Hulle is ook ʼn bykomende boete van R200 000 opgelê met tronkstraf van twee jaar, wat vir vyf jaar opgeskort is, vir oortreding van regulasie 36(1)(b).

Hulle is op 14 Oktober 2020 tydens ʼn klopjag in Table View in hegtenis geneem.

In ʼn soortgelyke maar onverwante voorval het Qing Yun Jiang (56) op 10 November in dieselfde hof verskyn. Hy moet ʼn boete van R200 000 betaal. Hy is op 18 Mei 2021 in Milnerton in hegtenis geneem. Sy medebeskuldigde is vrygespreek op alle aanklagte.

Jiang is ook vyf jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is vir oortreding van die Wet op Mariene Hulpbronne. Hy is ook ʼn verdere boete van R200 000 of twee jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Samuel

Hierdie boetegeld gaan alles in die ANC se sakke.

Nie Verbaas

Hulle is heel moontlik al klaar weer of nog steeds besig met presies dit waarvoor hulle in hegtenis geneem is.

Chris dupreez

Daai boetes is hopeloos te min. Die mense moet tronkstraf kry, so 10 jaar , dan sal hulle dalk leer.

JohanR

As daar nie meer lewe in die see is dan is daar nie meer lewe in die see nie. Dan sal begin word om alles op die land uit te rooi…..as dit nie al naby uitrooi is nie?

Malan

Ons regstelsel het ernstige probleme. Wat beteken ‘n boete vir skurke wat miljoene maak uit hul bedrywighede? En opgeskorte vonnis beteken nog minder.