Drie gevonnis vir aanval op Vrystaat-boer

Argieffoto

Drie mans wat in 2015 ʼn boer van die Edenburg-distrik in die Vrystaat by sy huis ingewag en met ʼn stuk yster oor die kop geslaan het, is vandeesweek in die Bloemfontein-streekshof gevonnis.

Freddy Mokhesi (24), Oupa Dikila (24) en Hendrik Dada Booysen (23) is Donderdag skuldig bevind aan aanklagte van poging tot moord, huisbraak en huisroof.

Mokhesi is tot 22 jaar tronkstraf gevonnis waarvan hy effektief 16 jaar moet uitdien. Dikila is tot 17 jaar tronkstraf gevonnis en sal minstens 12 jaar daarvan uitdien. Booysen is tot 12 jaar tronkstraf gevonnis waarvan hy minstens tien jaar en ses maande moet uitdien.

Ao. Loraine Earle, woordvoerder van die polisie, sê Mokhesi, Dikila en Booysen het op 11 Mei 2015 by ʼn werkershuis op die plaas Bergfontein in die Edenburg-distrik ingebreek. Die volgende oggend het hulle na ʼn nabygeleë koppie gegaan van waar hulle die hoofplaashuis kon dophou.

Die boer, Danie Theron (51), het dié betrokke oggend te perd sy skape gaan aanjaag en in dié tyd het die drie by die plaashuis ingebreek en die huis geplunder. “Toe Theron na die huis terugkeer, is hy in die huis oorval en met ʼn skerp voorwerp oor die kop geslaan. Hy kon daarin slaag om homself te verdedig en skote af te vuur, waarna die drie op die vlug geslaan het,” sê Earle.

Plaaslike boere is in kennis gestel van die aanval en het onmiddellik gehelp om Mokhesi, Dikila en Booysen op ʼn naburige plaas aan te keer. Van die items wat uit Theron se huis gesteel is, is teruggevind.

Genl.maj. Puleng Dimpane, waarnemende provinsiale polisiekommissaris in die Vrystaat, het die ondersoekspan bestaande uit adjudant-offisiers Billa Benadé en William Beck, asook konst. Lehlohonolo Nkepane geloof vir hul harde werke en toewyding om die aanvallers aan die pen te laat ry.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

treurgrond ·

Dis net hartseer – dis asof mense wil tronk toe gaan – asof hulle wil vermoor om in die tronk te kan sit waar hulle dan drie maaltye elke dag sal kry en nie hoef om te gee waar die geld om hulle te voer vandaan sal kom nie??????

Annamarie Olivier ·

Jy laat dit mooi klink asof hulle iemand leed aandoen net om verblyf in die tronk te kry. Die waarheid is dat hulle moordenaars en diewe is en hulle wil dit wees.

Dafer ·

Met die moord syfer in SA so hoog, en die voortdurende skuldig bevinding van wets brekers is dit twyfelagtig of daar voldoende detensie geriewe in die land is!

Irene ·

Goed en wel dat hulle gevonnis is maar wie sit agter al hierdie moorde daardie persone moet ook tronk toe gaan

Beter af? ·

Annamarie, @Treurgrond is nie verkeerd nie.
Sommiges verkies Gratis etes en gratis graad-kwalifikasie in die tronk bó hul hopelose lewe op straat…

Afrikaanse Knaap ·

Dis goeie werk. Kom ons hoop die regering kan nou die ander ook vang en opsluit. Hopelik die doodstraf ook terug bring dat ons belasting betalers nie hierdie 3 moet voer en huisves en beskerm teen R36000 ‘n maand nie.

Hendrik ·

Bly hulle is gevang, maar vir poging tot moord is die vonnise skokkend min.

Peet J ·

Mense gaan ook tronk toe asgevolg van gebrek aan verstandelike swakheid neem bv. ‘n persoon met ‘n intelligensievermoë tussen 50- 70, so ‘n persoon behoort eintlik in ‘n gestig opgeneem te word waar behoorlike toesig is en roetinewerkies waar geen gevaar aan verbonde is nie aan die persoon toegesê word. Die gevangenisse kan gerus dink daaraan om iets soortgelyks te implimenteer.

GP ·

Soveel van hierdie situasies kon vermei gewees het deur n dood gewone alarm.

pieter ·

Poging tot moord en die ou kry 22 jaar. Tamatieboer van Albertinia word vermoor en die moordenaar kry ook 22 jaar???????,

Charles ·

Bring die doodstraf terug !!!!
Die tronke is reeds oorvol en kos ons as belasting betalers miljoene……

Veronica ·

Bou meer tronke, dis sommer ook werk skepping , en maak die tronke n plek waar n oortreeder noóit ooit weer in wil beland! Nie n gemaklike lewe soos dit huidiglik is! Sou jy, as misdadiger, n persoon sy regte, soos n veilige, gesonde lewe ens. ontneem, het jy, misdadiger, geén aanspraak op enige regte nie. Jy moet leer! Op die harde manier! Tronklewe moet n straf wees! Nie n gemaklike vakansie nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.