Drie gevonnis vir gru-moord van twee kinders

Gabisile Shabane. Foto: Verskaf

Drie mans is die week tot twee keer lewenslange tronkstraf en ’n bykomende 27 jaar gevangenisstraf elk gevonnis vir die gru-moord op ’n 13-jarige meisie en haar 15 maande oue nefie in Januarie 2018.

Thokozani Msibi, Knowledge Mhlanga en Brilliant Mkhize is in die hooggeregshof in Middelburg, Mpumalanga, gevonnis in verband met die moord op Gabisile Shabane (13), wat albinisme gehad het, en haar 15 maande oue nefie, Nkosikhona Ngwenya.

Die twee kinders is van hul huis in Vosman ontvoer. Nkosikhona is vermoor en sy lykie is in ’n rivier gegooi. Gabisile is ook vermoor en onthoof. Van haar liggaamsdele is vir moetie-doeleindes gevat en die res van haar oorskot is in ʼn vlak graf by Cullinan in Gauteng begrawe.

Themba Thubane (41) het reeds in Augustus 2019 skuldig gepleit op aanklag van die moorde en is tot twee keer lewenslange en ’n bykomende vyf jaar tronkstraf gevonnis.

Msibi, Mhlanga en Mkhize het egter skuld ontken, maar is uiteindelik skuldig bevind op onder meer twee aanklagte van moord, twee aanklagte van ontvoering, huisbraak met die opset om te moor en die skending van ’n lyk.

Monica Nyuswa, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê daar is tydens die saak onder meer getuienis aangehoor van die slagoffers se ouers, ’n vingerafdrukkenner en ’n tradisionele geneser van Eswatini (Swaziland).

Die tradisionele geneser het onder meer getuig dat die beskuldigdes hom geraadpleeg het om moetie te kry ten einde inhegtenisneming te ontduik. Hulle het ook aan hom erken dat hulle die twee kinders vermoor het, waarna hy die polisie in kennis gestel het.

Die NVG het die vonnis verwelkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Shakespeare ·

Hoe is dit moontlik dat ‘n moordsaak amper 4 jaar vat ? Maar nouja oud tronkvoël Zuma s’n vat al 20 jaar. SKANDE regstelsel skande.

JohanR ·

As jy ‘n boer is wat vandag Vrydag 29 October vermoor is, en die moordenaars word gevang kan jy verwag dat saak eers in October 2021 tot ‘n einde kom. Dink net oor die 3.5 jaar moet die famulies wag vir geregtigheid!

Zacahara ·

Afskuwelik. So ‘n mens het, wat my aanbetref, geen reg om verder te lewe nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.