Drie gevonnis vir moord op metrobeampte

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans is in die Palm Ridge-landdroshof tot 25 jaar tronkstraf elk gevonnis vir die moord op ʼn metropolisiebeampte.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die metropolisie, het gesê die mans, in hul laat 30’s en vroeë 40’s, is in hegtenis geneem nadat hulle metropolisiebeampte Gabri Fouche op 3 Oktober 2012 doodgeskiet het.

Die mans het ʼn poskantoor in Florida, wes van Johannesburg, beroof en het teen Fouche se motorfiets vasgery toe hulle van die toneel gevlug het. ʼn Skietgeveg het tussen die mans en Fouche uitgebreek. Fouche is in die bors geskiet en is op die toneel dood verklaar.

Volgens Minnaar is een van die beskuldigdes gewond en in hegtenis geneem. Die ander twee beskuldigdes het van die toneel gevlug maar is later in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.