Drie gevonnis vir wrede Vrystaat-plaasmoord

Pieter van der Berg. Foto: Facebook

Drie jong mans is tot lewenslange tronkstraf gevonnis in verband met ʼn wrede plaasmoord in April 2017.

Konst. Peter Kareli, woordvoerder van die polisie, het gesê Thabang Letsi (24), Tshepiso Mosoeu (24) en Toki Leisa (22) is in die hooggeregshof in Wepener tot twee keer lewenslange tronkstraf gevonnis vir moord en ʼn verdere 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede.

Pieter van der Berg (49) en Tsietso Matsabisa (57) se liggame is op 20 April 2017 op ʼn plaas in die Wepener-distrik gevind. ʼn Boer van ʼn naburige plaas het Van der Berg se liggaam in ʼn plas bloed in die plaashuis se sitkamer gevind. Sy bene was vasgebind.

Matsabisa, Van der Berg se huishulp, se liggaam is op die vloer in een van die slaapkamers gevind. Haar bene was ook vasgebind en haar mond en oë met lappe bedek.

Volgens Kareli het Van der Berg omstreeks 7:00 die oggend van die moorde sy plaashuis verlaat kort nadat sy vrou werk toe gery het. Matsabisa was buite besig toe sy die honde hoor blaf en gaan ondersoek instel het. Matsabisa is deur die drie mans oorval, aangerand en vasgebind voor hulle haar in die plaashuis ingesleep het.

Letsi, Mosoeu en Leisa het die huis begin plunder en op ʼn vuurwapen afgekom. Van der Berg het intussen na die huis teruggekeer. Hy het van die mans probeer wegvlug, maar is talle kere geskiet en aangerand. Die moordenaars het met selfone, elektroniese toerusting en vuurwapens op die vlug geslaan. Van der Berg en Matsabisa is op die toneel dood.

Die provinsiale triotaakspan, onder leiding van lt.kol. Tankiso Sefudi, het die moorde ondersoek en die drie moordenaars is ʼn week later in hegtenis geneem.

Lt.genl. Moeketsi Sempe, provinsiale polisiekommissaris, het die ondersoekspan geloof vir hul werk sowel as boere vir hul samewerking met die polisie om misdaad teen plaasgemeenskappe hok te slaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lollie ·

Indien al hierdie aanvallers sulke straf kry SONDER parool mag dit verligting bring. Almal van hulle moet swaar gestraf word sodat daar iets is waarvoor hulle skrik.
Net jammer soveel onskuldiges moet met hulle lewe betaal!

Chris Ws ·

Jammer vir my “swartgalligheid” maar dit spruit uit wat daagliks in die land gebeur :daai drie moordenaars sal HOPELIK 8 jaar agter tralies deurbring dan is hulle weer op straat.Die vonnisse help eenvoudig niks.Daar moet ‘n ander manier van straf ingebring word vir moordenaars -tronkstraf werk nie.Kyk maar hoe oorvol is die tronke en het moorde enigsins afgeneem?Inteendeel.Robben Eiland moet dalk weer inwerking kom vir moordenaars.Jammer maar eks nie beindruk met hulle straf nie.

rollie ·

Ek stel voor jy vergewis jouself hoe lewenslange gevangenisstraf in SA toegepas MOET word volgens die Wet. Daar is geen sprake dat hulle kan uitkom op parool (as dit toegestaan word) voordat hulle ten minste 25 jaar uitgedien het nie.

Daan ·

Nee toggie Robin eiland kan nie werk nie daar woord moordenaars presidente

JaNee ·

Ja, nogal interessant dat al drie in die NSA gebore is, en nee, die vonnisse sal uitgedien word.

kas ·

Kan iemand vir my verduidelik waar is NSA.Is dit ‘n nuwe land wat ontdek is

JoeV ·

Ja wel nou is hulle gevonnis en die boer is nog dood, tragies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.