Drie gevonnis wat man in padwoedevoorval doodslaan

Argieffoto

Argieffoto

Drie mans van KwaZulu-Natal is vandeesweek gevonnis nadat hulle ʼn man in ʼn padwoedevoorval doodgeslaan het.

Maj. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het gesê Bradley Pillay (32), Damien Shunmugan (19) en Deon Govender (35) is skuldig bevind aan die moord van ʼn 48-jarige motoris. Hy het nie die naam van die oorledene bekendgemaak nie.

Pillay, Shunmugan en Govender was op 28 Desember 2013 by ʼn partytjie in Phoenix toe die oorledene per ongeluk teen hul motor gebots het. Die drie het die man uit sy motor gepluk en erg aangerand. “Twee polisievoertuie wat verbygery het, het gesien wat gebeur en tussenbeide getree. Polisieversterking is ook ingeroep,” het Zwane gesê. Die motoris was egter reeds dood.

Die drie is onmiddellik in hegtenis geneem en aangekla van moord. Die Verulam-landdroshof het Pillay tot 20 jaar tronkstraf gevonnis en sy medebeskuldigdes tot 18 jaar tronkstraf elk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Dan ·

Is daar n spesifieke rede hoekom die slagoffer se naam nie genoem word nie?

Johann ·

En oor 3 jaar en 4 maande is hulle uit op parool…..ala Oscar, maar die oorledene se geliefdes se “verlies” is lewenslank.

Swanna ·

Ja! ek sal sal graag ook wil weet. Want dit het reeds in 2013 gebeur. So die persoon se naasbestandes is lankal reeds in gelig en hy le al lankal onder die kluite. Maroela julle brigte is nou en dan ‘n bietjie onvolledig.

pop ·

Dis nie maroela wat onvolledig berig nie. Die maj Zwane het nie die oorledene se naam bekend gemaak nie. Lees tog voor julle op die kapkar klim

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.