Drie honde uit brandende KZN-huis gered

Foto: Garrith Jamieson.

Foto: Garrith Jamieson.

Nooddienste is vanoggend net na 07:00 uitgeroep na ʼn huis wat aan die brand was in Kinmont Crescent in Glenmore, KwaZulu-Natal.

Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het gesê dat die huis heeltemal in vlamme gehul was.

“Die man en vrou het daarin geslaag om te ontsnap. Die vrou was tuis en het glo haar man laat weet van die brand waarna hy hom ook na die huis gehaas het. Drie honde, een klein yorkshireterriër en twee groter honde, is ook betyds deur Blue Security, Glenmore GPF en Rescue Care-paramedici uit die huis gered. Hulle is nou veilig,” het Jamieson verduidelik.

Volgens Jamieson was daar na bewering ook voëls in die huis. “Die brandweer het opgedaag en saamgewerk om die vlamme in bedwang te bring.”

Die presiese oorsaak van die brand is nog onbekend. Die polisie en Durbanse brandweer sal egter die saak ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Dankie ·

Dankie tog, gewoonlik kom die ou goedjies om omdat niemand wil teruggaan vir hulle nie. BAIE DANKIE vir die sekuriteitsmaatskappy en paramedici wat hulle betyds gered het. ALL LIVES matter, dit is ook lewendige goedjies wat brand en seer voel, sommige mense voel moes dis ‘net honde’ wel honde voel ook pyn en seer en brand. BAIE DANKIE!

Alma ·

Baie dankie vir die redding van die dierekinders. Julle is heroes.

Ruby ·

Aaaww hierdie nuus maak my hart so gelukkig.

Dankie aan almal wat deel was daarvan.

Helene ·

Baie bly dat die honde gered is. Wat van die arme voels? Dankie aan almal betrokke.

Ansie ·

Ongelukkig kon hulle nie die voels red ni die diere was die GROOT worry om hulle te red..
Dis my ma se suster se huis..
Niemand weet hoe dit gebeur het nie..
Ons is net dankbaar my tannie en oom en niggie hulle het niks oor gekom nie en is veilig

Jaco ·

Dis great nuus!! Paramedics is eerlikwaar engele!!! Ek drink vanaand een op jul! :-)

Annelie ·

Dié eienaars is baie lief vir hul diere en sou aangedring het dat hul diere gered word. Sterkte aan die Smal familie.

SARIE VAN HEERDEN ·

Wanneer ek my huis verlaat word my diere binne toegesluit behalwe my skilpad buite. Ek het ‘n kennisgewing buite die huis wat aankondig daar is ‘n hond en ‘n kat binne en ‘n groot bergskilpad in die voortuin. As iets gebeur moet my diere net gered word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.