Drie huisrowers in Welkom vasgetrek

Argieffoto

Argieffoto

Drie vermeende huisrowers is vandeesweek in Welkom in hegtenis geneem, ure nadat hulle ʼn 34-jarige inwoner in sy huis oorval en beroof het.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder, het die man Sondag in die vroeë oggendure in sy huis in Rheederspark geslaap toe die drie verdagtes toegeslaan het.

“Die man het wakker geword toe iemand aan sy deur en venster geklop het. Een van die verdagtes was aan hom bekend en dié het by hom gepleit om die deur oop te maak,” het Thakeng gesê.

Die man het die deur oopgemaak, waarna hy deur die drie verdagtes oorrompel is. Een van die verdagtes het hom met ʼn bierbottel in sy gesig geslaan en hy het op die grond geval.

“Die trio het die huis deursoek en drie pelskomberse en R2 570 kontant gevat voor hulle die man verder aangerand en gevlug het.”

ʼn Saak van huisroof is by die Welkom-polisie aanhangig gemaak.

Beamptes van die misdaadvoorkomingseenheid het al om die uur gewerk en inligting opgevolg wat hulle tot ʼn huis in Thabong, waar die verdagtes geskuil het, gelei het. Die gesteelde goedere is in die verdagtes se besit gevind en hulle is in hegtenis geneem.

Die drie verdagtes, Monyane Matlaletsa (28), Toto Ndongeni (25) en Frank Zwane (25), het reeds in die dorp se landdroshof verskyn op aanklag van huisroof. Die saak is tot 2 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Hulle bly in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Koos ·

Ek wonder wat sal gebeur as die wit mense die swart mense by hulle huise aanval en beroof

Lance ·

Nou word n inhegtenis van die aard al so groot nuus as dit wel gebeur dat dit byna hoofnuus haal ….spreek boekdele van hoe pateties die sapd eintlik is …hulle sal seker weer ontsnap met die dag in die hof soos al so baie keer gebeur het ….skelms pas mos nie skelms op nie …dis n joke !

Carel ·

Lance maak jou reg vir ‘n hewige aanval van mense wat gaan sê dat dit nie al die SAPD lede is wat pateties is nie.

M A ·

Klink vir my baie of die slagoffer in die regte demografiese groep is. Vandaar die SAPD se flink optrede.

Gatvol ·

Huisroof? Wat van aanranding? Poging tot moord, oortreding op privaat eiendom? Dis belaglik waarmee die mense wegkom.

jaco ·

Dis verkiezing oor n week. Dis hoekom die SAPD nou so flink is.

Meisie ·

Goeie werk Welkom SAP jul ht di regte hoof aan bestuur.Wens ons kan ok sulke mense kry wat hul rang werd is.Mooi Welkom trots op jul.

Albert Marais ·

Gatvol, ek stem saam met jou – wat se vonnis, indien enige, sal hulle opgele word vir “huisroof”
Verbeel jou, die hoofdoel was MOORD!!!

Johan ·

in die 1st plek is dit betreding, /dan aanranding met die doel om erenstig te beseer/ of self poging tot moord. dan kom roof met verswaarende omstandighede by, want n wapen “Bier botel is gebruik om mee te slaan. So word hulle dan op elke klagte gevonis.
Maar net huisroof is een klagte en een vonis?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.