Drie in hof ná aanval op Limpopo-kleinhoewe

Christelle en haar man Gert. Foto: Facebook

Drie mans het Vrydag in die Tzaneen-landdroshof verskyn in verband met die aanval Dinsdag op ʼn kleinhoewe buite die dorp waartydens ʼn vrou in haar gesig geskiet is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, woordvoerder van die polisie, het gesê Cornelius Chauke (24), John Mtetwa (25) en Shacks Lebepe (25) het op aanklag van huisroof in die hof verskyn. Die saak is tot 7 April uitgestel en die drie sal tot dan in aanhouding bly.

Maroela Media het vroeër berig Christelle van der Merwe (39) en haar twee dogters was Dinsdag alleen tuis toe ʼn groep aanvallers in die vroeë oggendure by die huis ingebreek het. Hulle het ʼn venster stukkend geslaan en diefwering oopgesny om in die huis in te kom.

Van der Merwe is tydens die aanval in die gesig geskiet. Sy het Dinsdagmiddag ʼn operasie ondergaan om die koeël naby haar regteroog te verwyder.

Ngoepe het vroeër gesê ses aanvallers was by die aanval betrokke, maar Marcelle Maritz, leier van die VF Plus in Limpopo, het aan Maroela Media gesê Van der Merwe se man, Gert, wat uitstedig was tydens die voorval, het aan haar gesê daar was minstens 13 aanvallers.

Ngoepe het gesê die polisie se ondersoek na die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ramkat ·

Dertien aanvallers vir n inbraak en diefstal?
Vertel my nog een.
Dit was n kwasie-militerbeplande inbraak waarskynlik doelbewus om te roof en te moor.
Met so n oorweldigende getalle voordeel is sukses gewaarwording en het die slagoffers eintlik nie n kans tot verdediging nie.

De Villiers ·

Lafaards, want dit vat 13 inbrekers om een vrou en haar twee dogters aan te val en dan nog te skiet. Barbaars. Net nog ‘n bewys dat vuurwapenamnestie nie die onwettige vuurwapens uit die samelewing haal nie, en dat die straf wat deur howe opgelê word, nie misdadigers afskrik nie.

Michael barnard ·

Wonder hoekom nie vir poging van moord nie of is dit omdat dit n wit vrou is wonder maar net.

Michael barnard ·

Hoekom is hul nie aangekla vir pogind van moord nie of is dit omdat dit n wit vrou is. Vra maar net.

slapgat ·

moenie skuil agter “EK VRA /SÊ MAAR NET” nie. (maw, moenie vir my kwaad word nie. ek is klaar bang omdat ek n mening het.) dit is uiters lafhartigheid. maak jou stelling onomwonde, op die man af, of swyg.

Pork Chop ·

Dis tyd. Iets moet gedoen word. Dis al lankal tyd. Malema se haatspraak is okay. Maar skiet hulle dood dan is dit die einde van die wereld.

WitBlits ·

Hoe de hoenders is dit dat hulle net vir huisroof aangekla word, maar hulle skiet iemand in die gesig?
Huisroof met ‘n vuurwapen moet sommer outomaties ‘n skedule6 aanklag wees, want hulle beplan met voorbedagte rade om die slagoffer te skiet wat tot die slagoffer se dood kan lei wat die misdadiger moes voorsien.

AL ·

Poging tot moord ek stem! Ons moet saamstaan dat hierdie varke die maksimum vonnis kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.