Drie in hof ná grootste dwelmklopjag ooit

Die polisie by die drie verdagtes. Foto: KZN-SAPD

Die polisie by die drie verdagtes. Foto: KZN-SAPD

Die drie mans wat Dinsdag tydens ʼn dwelmklopjag by die grootste dwelmlaboratorium tot dusver in Suid-Afrika in hegtenis geneem is, sal na verwagting Donderdag in die hof verskyn.

“Die drie verdagtes, onderskeidelik 23, 55 en 56 jaar oud, word aangekla van die vervaardiging van dwelms, en moet om 14:00 in die Pinetown-landdroshof verskyn,” het kapt. Thulani Zwane, ʼn polisiewoordvoerder van KwaZulu-Natal, gesê.

Maroela Media het Woensdag berig die KwaZulu-Natalse polisie het geskiedenis gemaak toe hulle op die grootste dwelmlaboratorium wat nog ooit in die provinsie ontdek is, in Hillcrest, Durban toegeslaan het. Die polisie het die perseel deursoek en op 50 kg suiwer heroïenpoeier afgekom.

Genl. Riah Phiyega, nasionale polisiehoof, het later die dag bevestig dat dit die grootse dwelmlaboratorium is wat nog tot dusver in die land gevind is. Die geraamde waarde van die dwelms en toerusting beloop meer as R3 miljard . Lees meer hier.

Die polisie het aanvanklik berig daar is op 40 kg heroïenpoeier ter waarde van R2 miljard beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ESTELLE ·

verwoes die dwelms anders gaan dit weer op straat beland! plaas die drie voor ‘n vuur peleton want glo my hulle gee nie ‘n blou duit om watter skade hulle aan ons kinders doen nie! as ek jonger was het ek die by die polisie aangesluit want ek sal so graag van aangesig tot aangesig wil kom met die “druglords”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.