Drie in hof ná hul vrou met kitsbankslenter beroof

Argieffoto

Drie mans tussen 35 en 60 jaar oud het dié week in die landdroshof in Barkly-Wes verskyn nadat hulle ʼn vrou glo met ʼn slap riem gevang het.

Lt.kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, sê die slagoffer het op 25 Mei geld by ʼn kitsbank onttrek toe sy deur twee mans agtervolg is.

Mooi sê die slagoffer het gesien hoe een van die mans ʼn groot hoeveelheid geldnote van die grond af optel, waarna hy haar genader en gesê het hulle kan die geld deel aangesien sy gesien het hoe hy die kontant optel.

“Die slagoffer het ingestem en die man na ʼn stiller omgewing gevolg,” sê Mooi. “Terwyl hulle die geld verdeel het, het ʼn derde man homself as ʼn polisiebeampte voorgedoen en gedreig om die slagoffer in hegtenis te neem. Die twee het al haar besittings, waaronder haar selfoon, handsak en die geld wat sy pas onttrek het, gesteel.”

Die verdagtes het glo in ʼn motor gespring en van die toneel gevlug. Die slagoffer het hierna ʼn polisiebeampte wat patrollie in die omgewing gedoen het van die voorval ingelig, en die beampte het die verdagtes se motor agternagesit.

Die verdagtes is ʼn paar kilometer buite Barkly-Wes in hegtenis geneem en die vrou se besittings is aan haar terugbesorg.

Mooi sê die drie verdagtes is steeds in polisieaanhouding. Hulle sal op 4 Junie weer in die hof verskyn vir formele borgtogaansoeke.

Die polisie sê voorvalle soos dié behoort ʼn waarskuwing aan die publiek te wees om nié sommer vreemdelinge te vertrou nie en waaksaam te wees wanneer jy geld by ʼn kitsbank onttrek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

marous ·

Hierdie behoort ‘n waarskuwing te wees vir die polisie dat diewe en rowers die hele plek vol is , en hulle hul werk moet doen ….

wilma ·

Myns insiens is die “slagoffer” ook skuldig aangesien sy bereid was om geld te neem wat nie aan haar behoort het nie!

Snoefie ·

gepasde straf vir gierigheid sal ek dink. sy was bereid om te deel in wat nie hare was nie. hoekom dan kla?

JMC ·

Duidelik het die “slagoffer” ook ‘n gebrek aan integriteit.

Se maar net ·

Aiaiai…… As mense nie vir hulself kan dink nie, moet hulle die gevolge dra.

1) Waar dit by geld kom, moenie vreemdelinge vertrou nie
2) Moenie by kitsbanke geld trek nie – supermarkte bied dieselfde diens
3) Probeer sover moontlik sonder kontant klaarkom. Debietkaarte kan by enige erkende winkel gebruik word

Ons is besig om in ‘n “totale kontantlose” era in te beweeg en hoe gouer dit gebeur, hoe beter. Dan sal daar ook minder transitorooftogte wees

Danie ·

Stem saam met punt nommer 1.

Punt nommer twee kan in die platteland ‘n probleem wees. Daan is baie maal nie eers ‘n supermark nie, wat nog te sê ‘n supermark met ‘n OTM as deel van die diens. Baie maal is die enigste opsie om by die OTM te gaan trek.

Punt nommer drie kan ongelukkig ook ‘n probleem wees. Soos reeds gemeld is daar baie maal nie eens supermarkte nie. Dit maak bloot ekonomies nie sin vir die klein winkeltjies om ‘n kaart masjien te hê nie. Die koste per transaksie oorkry baie maal die totale geld waardes van transaksie.

Ek stel voor dat mense vir ‘n slag die klein plattelandse dorpies besoek. Dit kan nogal die kennis aansienlik verbreed. Dit sal die raad wat gegee word ook meer realisties maak.

VanAfrika ·

Daardie kaart is net so gevaarlik soos kontant. Een bly by jou, die ander vat jou pin en gaan trek jou geld en behoede jou as jy die verkeerde pin gee. As jy net met jou vinger afdruk kon geld trek sal hulle jou vinger afsny of jou oog uithaal. As hulle jou geld wil hê gaan hulle dit kry, ongeag.

Carnett ·

Ek het met baie Buitelanders te doen…….
Julle sal nie glo,wat alls kon gebuur bei n KITSBANK!
Selfs as hulle tou staan,en niemand reagier nie.Mense is bang!

Bok Bok ·

Al die kommentaators sien net die swart kant van die lewe. Ja daar is skelms maar van hoeveel rooftogte met kaart vind werklik plaas?
Een swaaltjie maak nie ‘n somer nie.

Waar is julle geloof in God drie enig. Ja mens moet waaksaam wees maar as God ons nie beskerm nie is alles te vergeefs.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.