Drie in hof na hulle glo bejaarde verkrag, vermoor

court-hammer_thumbDrie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n 83-jarige vrou verkrag en vermoor het, het Woensdag in die Tiyani-landdroshof in Limpopo verskyn.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die saak teen Happy Mohale (24), Stanley Zwidofhela Mugwena (27) en Thomas Serepa (29) is tot Vrydag uitgestel.

Mojaji Sebyene van Sereni buite Makhado is Saterdag verkrag en vermoor. Die drie mans is Dinsdag in verband met haar moord in hegtenis geneem.

Mulaudzi sê die mans het die bejaarde vrou in haar kamer aangeval en geld geëis. “Hulle het haar na ‘n nabygeleë veld gesleep waar hulle haar glo verkrag en aangerand het.”

Die aanvallers het die vrou in die veld gelos waarna hulle haar huis aan die brand gesteek het.

Bure het gesien die huis is aan die brand en het na die toneel gehaas. Hulle het die vrou in die veld aangetref.

Sy is in ‘n ernstige toestand na die Elim-hospitaal geneem waar sy later aan haar beserings beswyk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

monique duxbury ·

Kan jy nou meer,n ou ouma moet vir haar lewe boet,omdat happy,stanley,mugwena te sleg is om te werk,,,,,nou word hulle gevonis,gaan tronk toe en daar word daar vir hulle kos,slaapplek,water,en krag voorsien…wag wag en hulle kan gratis leer vir n loopbaan vir hulle toekoms….maar wat van al die matriekilante wat in die ry moet staan…maar n moordenaar kry al die voordele…sien swaar dae vir die land…

Peter Says ·

Monique, is so ja, die pot prut nie meer nie, dit kook lankal oor.

william ·

Wat weet die regering van reg en geregtigheid. Die bejaarde vrou het niemand gepla nie. Die strawwe is te lig en die misdadigers weet dit. Daarom lyk die Afrika kontinent soos dit lyk. Agterlik

Theresa ·

Stenig hulle. Hulle is ‘n disgrace vir die samelewing. Rehabilitasie my gat. Ons kan sonder hulle klaarkom. So baie teen ‘n weerlose ou tannie. Lafhartige gemors !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.