Drie in hof ná hulle glo lyfstraf toedien

Argieffoto

ʼn Onderwyser, skoolhoof en departementshoof wat in hegtenis geneem is in verband met die toediening van lyfstraf is op borgtog vrygelaat.

Die drie is Dinsdag in hegtenis geneem nadat vier leerders, tussen 17 en 21 jaar oud, beweer het dat hulle Maandag by die skool in die Breyten-omgewing in Mpumalanga aangerand is.

Mamatjie Zitha (50), skoolhoof van die Masizakhe Secondary School in Kwazanele, Mxolisi Mdakane (30), ʼn onderwyser by die skool, en Tau Amos Nkosi, departementshoof, is in die Breyten-landdroshof op borgtog van R1 000 elk vrygelaat. Volgens brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder, moet die drie op 18 September in die hof verskyn.

Die provinsiale departement van onderwys het Zitha en Mdakane intussen voorlopig geskors. Jasper Zwane, woordvoerder van die departement, het gesê hulle word van wangedrag aangekla en sal hul beweerde optrede tydens ʼn departementele dissiplinêre verhoor moet verduidelik.

“Die departement sal intussen voortgaan om berading te verskaf aan die leerders wat deur die beweerde voorval geraak is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Fedup ·

Okay, let me try to understand this little pickle.
The “students” are aged between 17-21?
Really?
And being punished were embarrassing?
Painful?
Shame, we were punished a lot and survived the ordeals.
Suck it up and grow up please.

Anel ·

En as jy durf kla by jou ouers het jy sommer weer pak gekry.

Rudolph ·

Lyfstraf lê die grondslag vir die gebruik van geweld om ‘n probleem op te los of om gesag af te dwing. So word ‘n kultuur van geweld in ons gemeenskap gekweek. Gesinsgeweld, geweldadige misdaad, geweld deur en teen ouers, polisie, weermag, mishandeling en die geweldadige doodmaak van onskuldige, weerlose diere vir smaak, vermaak of modebykomstighede

KlipRSA ·

Stem nie saam met jou nie. Daar was baie minder gesinsgeweld, geweldadige misdaad, ens. toe lyfstraf nog toegedien was. Let wel, indien dit binne perke was. Wanneer dit reg toegdien word, leer kinders van cause en consequence… Iets wat die meeste van vandag se jeug glad nie weet nie. Ek kan jou verseker dat die sogenaamde leerders in die artikel NIE onskuldig is nie. Die land is in sy mooooo (koei!) in en “lack of discipline” is maar net een van die groot redes.

ES ·

Jis Rudolph, ek weet darem nie my maat. My ouers het my gereeld getugtig en ek het my laaste pakslae op 16 gekry en ek het nog nooit moordneigings, geweldadige gedagtes, gedagtes oor gesinsgeweld of misdaadneigings gehad nie.

Op wat baseer jy jou mening? As jy vir my goed nagevorsde statistieke kan wys wat bewys dat lyfstraf meer skade as goed doen, sal ek my mening verander. Maar tot dan, is dit net ‘n opinie.

Terloops, ek ken honderde mense van my ouderdom (33) wat lystraf toegedien is en goeie mense is wat nie die eienskappe het wat jy hier bo noem nie.

Frikkels ·

Ek het 2 stelle kinders grootgemaak. Die eerste stel het gereeld pakslae gekry. Hulle is vandag albei respekvolle bruikbare volwassenes wat weet hoe om te werk en vir hulleself te sorg.
Die 2de stel is met minimum lyfstraf en volgens die hedendaagse voorskrifte opgevoed. Ek kan nie vir jou sê hoe spyt ek is dat ek nie lyfstraf toegedien het op hulle nie. Hulle is albei nou respeklose beterweterige ongepoetste tieners waarop geen mens trots kan wees nie. Ek is baie lief vir al 4 my kinders, maar mens kan nie die verskil tussrn hulle mis kyk nie. Nee ou vriend, daar is niemand wat die pad beter ken as die een wat die pad geloop het nie. Kinders se agterente moet brand laat die ore kan oop kom!

Chris ·

Dit lyk nie juis of die sielkunidge benadering veel vrugte afwerp nie. Geweld raak nou meer in ons land af wat dit was toe lyfstraf toegelaat was.

Anthony ·

Lol….berading …..na pakslae by die skool…en jy is 21 jaar oud…ego het maar seker n knou gevat….

andre ·

In my tyd is ek pimpel en pers gewetter by die skool, as jy kla by die huis word jy weer gewetter. Vandag is ek gesissiplineerd en beskaafd. Nou kry die leerling van 21 jaar oud berading, die onnie word toegesluit, ek die sg leerling word n ongedissiplineerde krimineel. Gaan later in die lewe tronk toe vir misdade, word vrygelaat want net hy het regte, sy slagoffers nie. Dan word hy aangestel iewers in die staatsdiens, en word skatryk deur korrupsie, want dis sy reg. Ek slaan my hande saam…

Misky ·

Ag asseblief en pakslae op sy tyd is die beste medisyne en maak die oortjies weer oop

Grassie ·

Die beradingstorie is belaglik. Hulle moes iets ernstig aangevang het wat tot pakslae aanleiding gegee het. Die onderwysers moet eerder berading kry omdat hulle met ander mense se onopgevoede kinders moet sukkel. Ek het op skool dikwels “gestick” en heelhuids anderkant uitgekom.

Michael ·

Siestog die arme bloedjies. Bitter skaam nadat hulle slae gekry het.

nell ·

Hierdie alewige berading …! Wat behels dit? Is die 21-jarige erg getraumatiseer deur ‘n paar – heelwaarskynlik welverdiende – houe of wat?
En nee Rudolph daar is al eeue heen etlike kinders wat deur die roede getug is, by die huis sowel as op skool, en meer as oraait uitgedraai het. Dink jy nou regtig ”a slap on the wrist” gaan hierdie belhamels van 21 jaar tug? Gaan kyk eerder na die gesinsstrukteer van hierdie ”kinders” – en jy sal sien die pa-figuur is in die meeste gevalle afwesig, maw geen tug oftewel dissipline van watter aard is ooit in sy ”opvoeding” toegepas nie.

Die Goodwoodianer ·

Die sielkundige PYN en LYDING wat die arme arme kinders moes verduur… Hulle sal vir ewig geskend wees… Hulle regtetjies is nou geskendetjies…. Pfft. Bou nou ñ bruggie en luister in die klas asseblief.

lollapot ·

Ek wonder net . . is dit nou ‘n Laer of ‘n Hoërskool?

ES ·

Ongelukkig is lyfstraf nou onwettig, so afgesien van of die leerders dit verdien het of nie, hierdie drie mans het nou ‘n moeilike pad voor hulle.

Ek het familie en vriende wat onderwysers is en hulle kou baie harde, groot klippe met skoliere wat glad nie dissipline het nie.

Dit is in die eerste plek nie die skool se verantwoordelikheid om dit te moet toe pas nie – dit spreek boekdele oor huishoudelike omstandighede.

My siening ·

21 en moontlik in graad 8, nou ja hy is nou mondig en ouers trek skouers op. Die volgende hoor jy hy is 30 en die skool hoof.

Onnie ·

Mag ons asb albei kante van die saak hoor MM? Selde word die storie uit die onderwyser se oogpunt vertel. Mense weet nie hoe moeilik dit is om jou in te hou as jy aanhoudend getart, uitgedaag en verneder word nie. Dit raak bitter moeilik as jy as onderwyser (met ‘n graad agter jou naam) altyd die minste moet wees. Dit terwyl leerders, hul ouers en die departement van onderderwys op jou kop sit. Ek weet die berig klink baie erg, maar die geringste aanraking word deesdae geklasifiseer as “aanranding”. Dis nie noodwendig soos dit klink nie. Ek sal graag ‘n vollediger berig wil lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.