Drie in hof ná Jeffreysbaai-man se moord

Johan Marais (Foto: Johan Marais, Facebook)

Drie persone wat beskuldig word van die moord op Johan Marais (62) van Jeffreysbaai, het Maandag in die Humansdorp-landdroshof verskyn.

Viwe Dabhoyi (37), Sibusiso Doyi (26) en Khayalethu Dyindyolo (25) bly in aanhouding.

Marais het Saterdag, omstreeks 02:20 by sy huis in Silver Treeweg in Jeffreysbaai ʼn geraas gehoor en gaan ondersoek instel, het kapt. Gerda Swart, woordvoerder van die polisie, gesê. “Onbekende persone het hom oorval en skote is gevuur. Marais is noodlottig gewond.”

Die aanvallers het te voet van die toneel weggevlug en die polisie in Jeffreysbaai is dadelik in kennis gestel. “Gemeenskapslede het verdagte persone in hul erwe opgemerk en dit aangemeld. Die polisie het dadelik ondersoek ingestel en die eerste man is in hegtenis geneem. Nog twee persone is in Oceanview in Jeffreysbaai in hegtenis geneem,” het Swart bygevoeg.

Die drie persone is ure ná die moord in hegtenis geneem.

Die mans moet op 28 Augustus weer in die hof verskyn op aanklagte wat strek van huisbraak en diefstal tot moord. Die ondersoek duur voort.

Marais was stigterslid en voorsitter van die Jeffreys Bay Classic Car Club.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Rocky Bell ·

My kollegas ken Johan baie goed deur die Ou motor Klubs en was baie geskok oor die moord. So onnodig. Mense, installeer kameras wat op jou selfoon reflekteer so dra daar probleme is. Jy kan 10 000 km weg wees of slegs 10 meter. Ons moet net meer paraat wees.

Hes ·

Het tot 2015 in JBay gewoon. Daar het inbrake plaasgevind so twee weke nadat bouers of ander werkers op jou perseel gewerk het. My Sus woon in ‘n gewilde kompleks in JBay, twee keer mense vas laat slaap deur middel van spuitgoed, gelukkig net selfone, tablette en TV’s gevat. Mense ongedeerd, dankbaar!! Innige simpatie met familie en vriende. So onnodig, vertrou op God, Hy bring berusting, ek is daardeur met my seun, my enigste kind. RIV Johan.

Lobinzer ·

Hoekom beskryf die media bie dié as ‘n rassemoord nie?

Deon ·

Moordenaars behoort niks beter as net die doodstraf te kry nie, die feit dat die doodstraf weggevat is is n uitnodiging tot moord vir die ….

Andre C ·

Ek het niks hiervan op SABC nuus gesien nie,of het ek dit net gemis? weet iemand dalk of dit uitgesaai was ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.