Drie in hof ná Jhb-man verdwyn: ‘Niks maak sin nie’

Wayne Smith. (Foto: Verskaf)

Drie verdagtes wat beskuldig word van kaping en ontvoering ná die verdwyning van Wayne (Johnson) Smith, se aansoek om borgtog is tot volgende week uitgestel.

Dít omdat ʼn nuwe aanklaer klaarblyklik die saak oorgeneem het, en die polisie nog nie kon vasstel of die beskuldigdes vorige veroordelings het nie. Die aansoek kon Dinsdag gevolglik nie afgehandel word nie.

Smith se lewensmaat, Charl, asook verskeie vriende en familielede het Dinsdag met plakkate en swart ballonne buite die Johannesburgse landdroshof saamgedrom.

Wayne, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir die Konferensiebedryf (Saaci), word nou reeds 49 dae lank vermis. Hy is ʼn bestuurder by Scan Display in Johannesburg en het op 12 Junie omstreeks 12:00 vir sy werksmense gesê hy gaan gou uit. Charl het vroeër die oggend nog met hom gepraat.

Charl het deur die loop van die dag verskeie kere tevergeefs met Wayne kontak probeer maak en het hom vroegaand as vermis by die Rosebank-polisiestasie aangemeld.

“Die raak moeilik, dit raak taai. ʼn Mens is so gewoond aan iemand. Ek mis vir Wayne verskriklik. Dis vir my onrealisties, niks maak sin nie,” het Charl gesê.

“Die laaste twee weke sukkel ek om my emosies bymekaar te hou. Jy wil van jou kop af raak. ʼn Mens hoop en bid maar net die heeltyd dat iemand met iets vorendag kom, of dat iemand ons net in die regte rigting kan lei. Só kan ʼn mens nie aangaan nie.

“Die onsekerheid knaag permanent aan jou. In dié stadium, watter kant toe ook al, wil ek net weet wát van hom geword het,” het Charl gesê.

Wayne se motor, ʼn Renault Clio, is ook nog spoorloos. Dit is moontlik vroeër al verkoop.

Charl het gesê hy is dankbaar vir die polisielede wat die saak hanteer en wat alles moontlik doen om Wayne te help opspoor.

Hy het gesê hy sal Dinsdag, wanneer die drie beskuldigdes weer in die hof verskyn, weer die hofverrigtinge bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Ivan ·

Hoekom word die drie verdagtes nie gedwing om te praat nie
Daar IS maniere om hulle aan die praat te kry

Theresa ·

Hoe lank vat dit om uit te vind of die beskuldigdes vorige veroordelings het? Wanneer het die Aanklaer die saak oorgeneem. Hier word net weereens voete gesleep. Wens net almal wil hulle werk doen, dan sal dinge ook vinniger en beter gaan.
Sterkte aan al Wayne familie en vriende.

Netso ·

Net meer vrae! Die motor is moontlik reeds verkoop ? Wie en wat beteken dit dat dit op enatis sisteem as verkoop wys wie kan dit bevestig?

Jessica ·

Please explain one question to me, why why why does it take so long to ask the 3 who appeared in court already where Wayne is?????????????????????????????????????????????? Do they not know how to work with criminals take them a side one by one for questioning and beat them till they talk, this is sick how they dragging it. Please don’t wait for the next court date do your job and find out fast, Wayne need’s to be found.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.