Drie in hof ná Kimberley-plaasaanval

Piet en Rikkie. Foto: Facebook

ʼn Derde verdagte is in hegtenis geneem in verband met die wrede aanval op die bekende Kimberliet, Piet Els, en sy lewensmaat, Magrietha “Rikkie” Alsemgeest.

Kapt. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die derde verdagte (25) is omstreeks 03:00 Woensdag by ʼn huis in Galeshewe vasgetrek deur lede van misdaadintelligensie, speurders van Kimberley en die Noord-Kaapse eenheid vir triomisdade.

Kock het gesê die verdagte sal vandag [Vrydag] saam met die ander twee verdagtes in die Kimberley-landdroshof verskyn, onder meer op aanklagte van roof met verswarende omstandighede.

Maroela Media het vroeër berig ʼn tweede verdagte (26) is op 31 Januarie in verband met die voorval in hegtenis geneem. Volgens Kock is die verdagte omstreeks 02:00 by ʼn huis in Donkerhoek in die stad vasgetrek.

Die eerste verdagte, ʼn 25-jarige man, is op 29 Januarie by ʼn huis in Galeshewe in hegtenis geneem. ʼn Juweliersitem wat aan een van die slagoffers behoort, is in sy besit gevind.

Maroela Media het vroeër berig Els en Alsemgeest is op 23 Januarie op hul plaas sowat 10 km buite Kimberley aangeval. Vier aanvallers het die paar gedreig en aangerand voordat hulle hul hande en voete vasgebind het.

Die verdagtes het die kluis met ʼn hoeksnyer oopgesny en met ʼn groot hoeveelheid waardevolle items, ʼn jaggeweer en ʼn wit Mercedes-Benz op die vlug geslaan. Die voertuig is later verlate op die R31 naby Phutanang buite Kimberley opgespoor.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, het vroeër aan Maroela Media gesê Els en Alsemgeest is glo vir ure aangerand en gemartel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Marianne ·

STREKTE SAN OOM PIET EN TANNIE RIKKIE

EK hoop hulle word skuldig beyond en gestraf met verswaerende omstandighede…
Dis brutale haat wat soos gif oor ons boeredrup. ….
Preek die Regeering nie our equality, freedom for all, love peace and togetherness nie???
NOU WAT GAAN AAN – WAAR IS DIE VERSOENING???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.