Drie in hof ná Matie se moord

Hannah Cornelius. Foto: Facebook.

Drie verdagtes verskyn na verwagting Maandag in die Stellenbosch-landdroshof in verband met ʼn kapingsvoorval waartydens Hannah Cornelius (21), ʼn student aan die Universiteit Stellenbosch, vermoor en haar vriend ernstig beseer is.

Cornelius en haar vriend, ʼn manstudent aan die US, was Vrydagaand slagoffers van ʼn kapingsvoorval in Stellenbosch. Cornelius is vermoedelik ontvoer terwyl haar vriend tydens die kaping uit die motor kon kom of uitgegooi is. Hy het vermoedelik kopbeserings opgedoen.

Sers. Noloyiso Rwexana, woordvoerder van die polisie, het vroeër aan Maroela Media gesê drie mans het die blou VW Citi Golf [waarin Cornelius en haar vriend gery het] gekaap.

Cornelius se liggaam is Saterdag omstreeks 08:30 “met beserings” naby ʼn plaas op die Knorhoekpad buite Stellenbosch aangetref. Haar vriend het ernstige beserings tydens die voorval opgedoen en is na ʼn nabygeleë hospitaal gehaas vir mediese behandeling.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het Maandag aan Maroela Media bevestig drie mans, onderskeidelik 26, 28 en 32 jaar oud, is reeds in hegtenis geneem nadat die gekaapte voertuig in hul besit gevind is. Die polisie het op die voertuig beslag gelê.

Dit is nog nie duidelik of die verdagtes net vir die besit van ʼn gekaapte voertuig aangekla gaan word, of ook van moord en poging tot moord nie.

Van Wyk het gesê die polisie ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord en kaping. Die ondersoek duur voort.

Personeel van die US se afdeling studentesake was Saterdagaand met Cornelius se ouers oor die voorval in verbinding om ondersteuning te bied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Cacophony ·

Ons stuur ons kinders universiteit toe om ‘n nuwe wêreld te ontdek maar dit wil voorkom asof al wat hulle ontdek moord en roof is. Dis belaglik dat ons soos diere behandel word waarop daar nou jag gemaak word

al ·

Waarom moor as jy gekom het om te roof? Dis omdat hul moordenaars in murg en been is. In Amerika en elders sou hul geboet het vir hul dade en 40 jr plus gesit het.
In Suid Afrika word hul maklik gevonnis vir 15 jr. Ñ Belaglike vonnis aangesien jy iemand se reg om te lewe, dit van hom geneem het.
Mag haar pa hierdie ñ crusade maak vir strenger vonnisse teen geweldsmisdaad.

Nivea ·

Ek stem saam AL, mag haar pa vir ‘n verandering maak. Ek so jammer dat sy dogter dit moes oorkom dit kom geen ouer toe om deur so iets te gaan nie. Maar SA moet sy oe oopmaak dit gaan nou te ver, hierdie moord was “senseless and heartless”. Mag hierdie mans die swaarste straf kry wat daar kan wees.

henk ·

Waarom nie dadelik vir moord aangekla nie wil ek weet?
Ook poging tot moord en kaping.
Het die pragtige jong dame gesterf of nie? Sy is met ‘n skroewerdraaier aangeval en verwurg!
So waarom twyfel.

Johan. H. ·

Ek hoop hulle gaan nou die maksimum kry siende dat die ouers regsgeleerdes is en dat hulle hulself beaarby vir baie langer vonnise vir moord en roof, ,,. Jammer ouers , ons is met julle,,ander alternatief is natuurlik n oog vir n oog — julle ken mos ook mense?

Wouter ·

Dit kan oral gebeur, maar Stellenbosch nou ñ dwelmbos en skelmbos. Die plek was my hart se punt tot ek getrek het. Net spyt ek het dit te laat besef.

Louise ·

Die verskriklik hartseer om te sien hoeveel werd n lewe in SA is.
Dis presies wat ons regering ons wys, wat beteken n lewe.
Hierdie misdadigers het meer regte as die man op straat!!!!
Dis so jammer dat onskuldige mense moet boed vir n ONKUNDIGE regering.
RIV en sterkte aan almal wat geraak word deur hierdie SINNELOSE moord!!!

karel ·

Waarom sal die polisie nie ‘n klagte van morod en poging tot moord le nie? Wat is die rede?
Maroela kan julle dalk uitvind asb?

Nettie ·

Almal wat hierbo vra “hoekom nie moord en poging tot moord klagtes nie?” – die polisie het die 3 verdagtes in die motor gevind – veronderstel nou ‘n pêl van jou kaap iemand en maak die persoon dood, terwyl hy jou vra om die kar te kom haal. Jy’t geen idee dat hy iemand doodgemaak het nie en doen so, die volgende oomblik is die polisie op jou hakke en jy vlug – jy kan dan nie summier aangekla word van moord/poging tot moord nie, net omdat jy met die gesteelde goedere gevind is nie, of hoe? Forensiese toetse sal eers uitgevoer moet word. Ja, ja, ja, ek weet: dié scenario hierbo is waarskynlik heeltemal ontoepaslik of onwaarskynlik, maar ons moet aanvaar dat die mense weet wat hulle doen. Klagtes van moord/poging tot moord kan later by die klagstaat gevoeg word, veral al – bv – die jongman bykom en die moordenaars uitken. Eerder ‘n polisieman wat sy voetwerk reg doen, as een wat ‘n”balls-up” maak soos daai polisieman in die Pistorius moordsaak.

Pop ·

Haar pa moet die staat dagvaar vir miljoene want hulle beskerm nie hulle burgers nie. Word selfs verbied om saam te werk met mense wat probeer om misdaad te voorkom.

Justice ·

Pop daar is geen waarde wat jy ooit aan die verlies van jou dogter kan koppel nie.

Ai ·

Ek kan nie verstaan hoekom hulle nie die twee jong mense net uit die motor kon laat klim en die kar vat as hulle nou moet steel nie. Hoekom hulle forseer om saam te ry, aanrand en haar doodmaak?!
Tronk straf gaan nie help nie. Hoe lank voor ons gaan sien dit werk nie?!

Carl ·

Kan die Universiteit asseblief nou alle studente toelaat om hulself te bewapen. Gelisensieerde vuurwapens in die regte hande is al wat sal help tot die SAPS weer goeie leiers het.

H ·

Ja-nee NET in Suid-Afrika. Want hier mag jy moor nes jy wil, want jy gaan niks oorkom. Dis belaglik. Hoop die gemors boet vir hul dade, hul gaan elk geval brand in die hel oor ‘n onskuldige, pragtige kind wat vir haar lewe moes betaal.

Chantelle Connoway ·

Respek begin by jouself en dan gaan dit oor na ander, dit gaan my verstand te bowe dat ons parlement dit kan toe laat, dit is belaglik om die minste te se, hoe kan ons president dit toe laat dat lewens geneem word en daar word nie eens n oog geknip nie, Vader behoede ons elke dag en ek kan net bid dat ek en my gesin en familie veilig sal wees, gaan daar dalk iets gedoen word wanneer almal uitgemoor is, dit is een GROOT verlies en ek bid vir verstroosting vir die familie en vriende van die pragtige mens,

al ·

Politieke leier gebruik eerder Courtney Peters (3jr) se moord vir selfbeeldpoetsery. Tot ñ onstoke ma van ñ vermoorde kind in Elsiesrivier gevra het waarom kry haar gesin nie ook R10 000 en ñ gratis huis van zums nie.

Mars ·

My simpatie met die naasbestaandes van die oorledene. Die geweld in die land word daagliks net erger en wreder. Die ergste is dat ons soos verskrikte diere moet sit en wag om uitgeroei en uitgedelg te word. Dit raak uitmergelend om staande te bly in ‘n land waar kriminele met ‘n arsenaal wapens die oorhand het. Die ergste is dat ons almal weet dat dit nooit weer goed sal gaan nie. Baie sterkte aan almal op ons pad na die onvermydelike – ‘n land waar mens en dier baie swaarkry en voortdurend in angs lewe.

al ·

Ek het verlede week gelees die kolonel Chris Prinsloo wie 2000 vuurwapens wat vernietig moes word deur SAPD, het dit verkwansel aan ñ Kaapse misdaadbaas wat hom omgekoop met geld -1066 moorde kon forensies verbind word aan daardie vuurwapens. Hy het 18jr tronkstraf gekry op die vuurwapens wat hy verkoop het aan die misdaadbaas.

Zeus ·

Mars ek stem mense lewe in angs maar ons hoef nie te sit en wag om uitgeroei te word nie. Dit is nie hoe klas soldate of iets wat die moorde ens pleeg nie. Dit is die laagste van die laag wat die mensdom nog mee moes saamleef. Maw dit is moontlik om jouself te beskerm. Boonop die kriminele is ook n minderheid wat n hele land soos jy se in angs laat leef, Meeste Suid Afrikaners is goeie mense. Jy hoef nie in vrees te lewe as jy die regte maatreels tref en reg is om jouself te verdedig ten alle tye nie, As jy die sulke maatreels tref sal daar n gevoel van rustigheid oor jou kom.

Jaco ·

Ek is skoon siek. Maar nou ja dus die nalatenskap van die vorige generasies. Net God Kan ons hier help Keer terug.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.