Drie in hof ná moord op Duitse toeris in Limpopo

Die motor waarmee Herman Westphal van Botswana na Suid-Afrika gery het. (Foto: SAPD Limpopo)

Drie Zimbabwiese burgers het Maandag in die Northam-landdroshof verskyn op aanklag van moord en oortreding van die Immigrasiewet.

Jan Thabonga Moshabi (36), Abstein Madzvimbo (22) en Thomas Moyo (39) word aangekla van die moord op ʼn Duitse toeris, Herman Gunter Friedrich Westphal (74). Die saak is tot 4 Maart uitgestel en die beskuldigdes bly in aanhouding.

Mashudu Malabi-Dzhangi, provinsiale woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Westphal het Vrydag met ʼn voertuig uit Botswana vertrek en Saterdagoggend in Lephalale in die Waterberg-distrik aangekom.

“Hy het vir ʼn ryloper ʼn saamrygeleentheid aangebied en hom gevra om te help met verblyf in Noordwes voordat hy met sy toer regoor die land kon voortgaan. By hul aankoms by die verblyfplek in Moruleng het die verdagte voorgestel dat hulle by ʼn kuierplek aandoen waar hulle ʼn paar drankies gedrink het. Dis toe dat die verdagte sy twee vriende omtrent Westphal ingelig het.”

Die drie het saam met die niksvermoedende slagoffer na Moshabi se blyplek gery waar hulle by hul aankoms glo vir Westphal vasgebind en hom aangerand het. Hulle het glo ook sy bankbesonderhede geëis en hom deursoek en ʼn onbekende bedrag kontant en ander waardevolle besittings gesteel.

“Die verdagtes het die voertuig se nommerplate verwyder en met Westphal op ʼn grondpad na Northam gery. Hy is aangerand en in die bosse langs die pad agtergelaat.”

Volgens Malabi-Dzhangi het veiligheidsbeamptes en ʼn lid van ʼn landelike veiligheidsgroep patrollie in die gebied gery toe hulle die motor sonder nommerplate opgemerk het.

“Hulle het stilgehou om ondersoek in te stel toe hulle op Moshabi in ʼn bloedbevlekte T-hemp afgekom het. Die polisie is dadelik in kennis gestel en Moshabi is op die toneel in hegtenis geneem. Die oorledene se liggaam is in nabygeleë bosse ontdek. Die ander twee verdagtes is later die aand in Noordwes in hegtenis geneem nadat van die oorledene se besittings glo in hul besit gevind is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Witwax ·

Hierdie land van ons is vol gemors.
Die wêreld daar buite moet wakker word, SA is nie n vakansie plek nie.

Casper ·

Die wêreld neem kennis van die anargie wat in Suid Afrika heers en al hoe minder toeriste sal piesangland besoek,en nog geen veroordeling van die regering nie,maar hulle sê mos hulle kan sonder die Weste klaar kom.Toerisme is een van die grootste iinkomstes van ons land.

Nierkie ·

So ‘n duitse burger ry van Botswana na Suid Afrika en word deur Zimbabwe se burgers vermoor – en die klad is op Suid Afrika se naam? Het hom

Kokerboom ·

Dis tyd dat onwettige immigrante wat sulke wreedhede pleeg gevang en dieselfde lot kry.
Ons is nou keelvol vir die gemors in ons land en die gemors regering wat hul toelaat!

Danie ·

Solank hulle vir die ANC stem, is enige uitvaagsel in Suid-Afrika welkom….

Danie ·

Nog n deel van die moordstatistiek in die donker SA.Hulle teiken mos weerlose bejaardes net soos in plaasmoorde, baie geluk Ramaja.

Impact ·

Ja, die Duitsers dink mos hierdie mense is die onderdruktes, en is onregverdig deur ons behandel. Kyk wat het sy goedertrou hom in die sak gebring. Jy verwag van ‘n man van 79 om beter te kan dink miskien het hy gehoop om so ‘n ietsie te kry daar in die Township.

Jacques Dawie ·

Die oomblik as dit haatlikke aanval of moord is, veral teen die van n internaitonale besoeker, word die Zimbabwean kaart vinnig uitgehaal.

skurweberg ·

Die ANC regering moet ook verantwoordelik gehou word. Hulle het iewers opgeslip

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.