Drie in hof na moord op KZN-boer

Timothy Green

Timothy Green

Drie mans het Maandag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal verskyn in verband met die moord op Timothy Green.

Green (44), ʼn deeltydse boer en bestuurder van die Shanduka-steenkoolmyn, is in Augustus verlede jaar op sy plaas in Newcastle doodgeskiet.

Mfanakhuno Masiteng is deur Thulani Kubheka, ʼn staatsgetuie, by die moord betrek. Kubheka het vroeër skuldig gepleit op aanklag van moord en is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die moord.

Kubheka het Maandag getuig dat Masiteng twee dae voor die moord aan hom gesê het hy wil Green vermoor en sy voertuig aan ʼn taxibestuurder in Ladysmith verkoop.

Masiten en Siyabonga Nkhunza, sy medebeskuldigde, het onskuldig gepleit op aanklag dat hulle Green vermoor het.

Marelize Strydom, Green se voormalige kollega, het getuig dat Green haar gebel het nadat hy geskiet is en gevra het om die polisie en nooddienste te ontbied. Volgens Strydom het sy en ander mense na die plaas gehaas waar hulle Green dood aangetref het.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

lillian ·

Sien, ek sê nog altyd, terwyl ons ons brood verdien sit kriminele en plot hoe om ons te na te kom!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.