Green (44), ʼn deeltydse boer en bestuurder van die Shanduka-steenkoolmyn, is in Augustus verlede jaar op sy plaas in Newcastle doodgeskiet.
Mfanakhuno Masiteng is deur Thulani Kubheka, ʼn staatsgetuie, by die moord betrek. Kubheka het vroeër skuldig gepleit op aanklag van moord en is tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir sy aandeel in die moord.
Kubheka het Maandag getuig dat Masiteng twee dae voor die moord aan hom gesê het hy wil Green vermoor en sy voertuig aan ʼn taxibestuurder in Ladysmith verkoop.
Masiten en Siyabonga Nkhunza, sy medebeskuldigde, het onskuldig gepleit op aanklag dat hulle Green vermoor het.
Marelize Strydom, Green se voormalige kollega, het getuig dat Green haar gebel het nadat hy geskiet is en gevra het om die polisie en nooddienste te ontbied. Volgens Strydom het sy en ander mense na die plaas gehaas waar hulle Green dood aangetref het.
Die saak duur voort.
Sien, ek sê nog altyd, terwyl ons ons brood verdien sit kriminele en plot hoe om ons te na te kom!