Drie in hof ná moord op ma, seun op plaas

Ruben Gouws. Foto: Verskaf

Ruben Gouws. Foto: Verskaf

Die drie verdagtes wat in hegtenis geneem is in verband met die moord op Hermien Gouws (88) en haar seun, Ruben Gouws (65), op ʼn plaas in die Oos-Kaap, het Dinsdag in die hof verskyn.

Kapt. Ursula Roelofse, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes het in die Dordrecht-landdroshof verskyn en die saak is tot 2 September uitgestel vir verdere ondersoek. Die verdagtes, Lusindiso Mbekeni (19), Sipho Zweni (22) en Siphosethu Matoni (24), bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning.

Gouws en haar seun is Saterdagmiddag op hul plaas Pinevale buite die plaasdorp Ida vermoor. Pieter Venter, Hermien se skoonseun, het vroeër aan Maroela Media gesê Ruben is ná 17:00 buite die plaashuis deur drie verdagtes oorval toe hy die pluimvee gaan kos gee het.

Hermien Gouws. Foto: Verskaf

Hermien Gouws. Foto: Verskaf

Volgens Venter het die mans Ruben vermoedelik al buite die huis met ʼn skerp voorwerp gesteek waarna hulle hom die huis ingedwing het.

“Hy het die sleutels by hom gehad en dis hoe hulle toegang tot die huis verkry het. My skoonma se liggaam is in die eetkamer gevind. Sy is met haar serp verwurg en haar hande is vasgebind. Ruben se liggaam is in die sitkamer gevind. Hy het homself teëgesit en hulle het hom verskriklik verniel, die hele huis was vol bloed. Hy is uiteindelik met ʼn kombers verwurg. Sy hande was ook vasgemaak.”

Klik hier vir vorige berigte oor die Ida-plaasmoord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Johann Marx ·

Hierdie drie verdagtes is deur die SAPD gevang….en hulle salarisse word betaal met hierdie boer se belasting! Daarna kry hulle “gratis” regshulp ter wille van ‘n “regverdige verhoor”, en daardie regshulp word betaal met hierdie boer se belasting. As hulle skuldig bevind word gaan hulle tronk toe…en die kostes daarvan word gedek deur hierdie boer se belasting. En sodra hierdie boer se boedel afgehandel is…stuur die regering vir die familie ‘n rekening vir boedelbelasting!! Dieselfde regering wat jou faal in terme van veiligheid en sekuriteit, kry geld uit jou boedel as jy vermoor word. Wanneer stop ons dit? Hierdie familie behoort kwytgeskeld te wees van enige vorm van belasting aan die staat….vir die res van hulle lewe!!

Berhalet Beukes ·

Jy stel dit presies soos dit is en ons moer maar tevrede wees want plaasmoorde is mos nie ‘n probleem nie!

Anoniem ·

Ek stem johann. Ons word op elke laakbare manier uitgebuit.

Theresa ·

Iewers moet iets drasties gebeur. Ek hoop net dit gebeur vinnig………………………

Theresa ·

Nog 2 vermoor. Moordenaarsgesigte moet op plakkate gesit word. Geen voorregte soos nie bekend aan die publiek nie. Waar hul vandaan kom, moet daarby gesit word. Sotte.

Rina ·

En nogsteeds doen die regering niks daar aan ni hul roof,verkrag,moor,steel ens. en waag nou net dat jy die skelms dood skiet dan word jy aangekla van moord. Nee wat nou weer 2 onskuld ige mense dood. hierdie land en sy president en trawante maak my siek. As ek dit kon bekostig het was ek al lankal uit die land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.