Drie in hof ná moord op mynbestuurder

Argieffoto

Drie mans sal na verwagting Woensdag in die Welkom-landdroshof in die Vrystaat verskyn in verband met die moord op Harmony Gold se streeksbestuurder.

Simphiwe Kubheka (36) is op 28 September in sy motor doodgeskiet.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het gesê twee van die verdagtes, 27 en 35 jaar oud, is Sondag in hegtenis geneem terwyl die ander verdagte, Lehlohonolo Thethe (25), reeds Vrydag in hegtenis geneem is. Thethe het Maandag in die hof verskyn.

“Kubheka was besig om die Tshepong-myn te verlaat toe hy geskiet is. Hy is in die kop en regterarm geskiet en op die toneel dood verklaar,” het Makhele gesê.

Daar word beweer dat Kubheka deur onwettige myners vermoor is. Kubheka was die bestuurder van die Tshepong- en Phakisa-myn by Odendaalsrus.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eish ·

Die onwettige mynaktiwiteite is n geraamde R6b per jaar werd.
n Zama-Zama kom na n jaar in die Vrystaatse goudvelde uit met minstens R1m in kontant na omkoopgeld betaal is.
Wees verseker dat die bedrywighede die SAPS en mynbestuur op die betaalstaat het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.