Drie in hof na moord op polisieman

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Drie mans wat daarvan beskuldig word dat hulle ‘n polisiebeampte vermoor het, het in die Ritavi-landdroshof in Limpopo verskyn.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes het Vrydag in die hof verskyn en die saak is tot 30 September uitgestel vir verdere ondersoek.

Teffe Malangana (23), Lazarus Moseamedi (25), en Nicholas Moseamedi (18) staan tereg op aanklagte van moord, gewapende roof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

‘n Vierde verdagte David Malatjie (33) staan tereg op aanklagte van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Hulle bly in aanhouding.

Lt. Yezindaba Shikati (54) is op 29 Junie doodgeskiet nadat hy en ‘n kollega reageer het op ‘n klagte by ‘n kroeg in Patanage. Die beamptes se dienspistole is gesteel.

Die polisie het op die twee gesteelde dienspistole, nog twee wapens en ammunisie beslag gelê tydens die arrestasies.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.