Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê die verdagtes het Vrydag in die hof verskyn en die saak is tot 30 September uitgestel vir verdere ondersoek.
Teffe Malangana (23), Lazarus Moseamedi (25), en Nicholas Moseamedi (18) staan tereg op aanklagte van moord, gewapende roof en die besit van ongelisensieerde vuurwapens.
‘n Vierde verdagte David Malatjie (33) staan tereg op aanklagte van die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen. Hulle bly in aanhouding.
Lt. Yezindaba Shikati (54) is op 29 Junie doodgeskiet nadat hy en ‘n kollega reageer het op ‘n klagte by ‘n kroeg in Patanage. Die beamptes se dienspistole is gesteel.
Die polisie het op die twee gesteelde dienspistole, nog twee wapens en ammunisie beslag gelê tydens die arrestasies.