Drie in hof ná verkragting, moord op non

Argieffoto

Argieffoto

Drie verdagtes het Woensdag in die Ixopo-landdroshof verskyn in verband met die moord op Getrud Tiefeba, ʼn 86-jarige non wie se liggaam twee weke gelede in haar kamer aangetref is.

Velekhaya Mgobhozi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die verdagtes moet weer op 6 Mei in die hof verskyn en bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning.

Tiefeba was op 18 April by haar woning op die perseel van die Sacred Heart Home-klooster toe sy glo deur die aanvallers oorval en haar hande met ʼn tikmasjienkoord vasgebind is. Haar aanvallers het ʼn handdoek oor haar kop gegooi, wat veroorsaak het dat sy versmoor het.

Die beskuldigdes is dae later in die Shayamoya- informele nedersetting in hegtenis geneem nadat daar glo van Tiefeba se gesteelde goedere in hul besit gevind was.

Tiefeba was oorspronklik van Oostenryk afkomstig, maar het al sedert die 1950’s in Suid-Afrika gewoon

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Marius ·

Daar is geen kans van rehabiliteering van die tipe gemors nie en die dood straf is die enige manier om te keer dat hulle weer die geleentheid gegun word om iemand leed aan te doen. My hart ween vir die dame

Jean ·

Afrika is VOL VAN SIEK BARBARE!! My goeie genade geen wonder die plek boer alewig agter uit nie!…Die kommentaar gaan ok seker geblok word sensuur tante of oompie van wie nie baie komentaar leweraars hou nie…

Marius ·

Daar is geen kans van rehabiliteering van die tipe gemors nie en die dood straf is die enige manier om te keer dat hulle weer die geleentheid gegun word om iemand leed aan te doen. My hart ween vir die dame

Marius ·

Daar is geen kans van rehabiliteering van die tipe gemors nie en die dood straf is die enige manier om te keer dat hulle weer die geleentheid gegun word om iemand leed aan te doen. My hart ween vir die dame

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.