Drie in hof oor beweerde kindermishandeling

(Argieffoto ter illustrasie)

Die borgtogaansoek van drie Thabazimbi-inwoners wat onderskeidelik van seksuele aanranding en kindermishandeling aangekla word, sal Woensdag verder in die landdroshof op dié dorp aangehoor word.

Mashudu Malabi Dzhangi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag in Limpopo, het aan Maroela Media bevestig dat ʼn 60-jarige man op aanklagte van seksuele aanranding en kinderverwaarlosing teregstaan, terwyl twee vroue van 42 en 37 jaar van kinderverwaarlosing en aanranding met die doel om ernstig te beseer, aangekla word.

Die beskuldigdes is op 26 Januarie in hegtenis geneem nadat dit aan die lig gekom het dat ʼn kind glo seksueel aangerand is, terwyl twee ander kinders na bewering ernstig met ʼn krieketkolf aangerand is.

Die man en twee vroue is sedertdien in aanhouding. Hulle het op 30 Januarie vir die eerste keer in die hof verskyn, en hul formele borgtogaansoek het Dinsdag begin.

Dit is nie in dié stadium bekend hoe die beskuldigdes aan mekaar of die kinders verwant is, of waar die beweerde voorvalle plaasgevind het nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elmarie ·

Hóé doen ‘n “mens” sulke dinge aan weerloses? Hóé?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.